khothatso_tsotetsi_front_model_left
Funksies

NIVEA SE SWART EN WIT MODEVERTONING

NIVEA se Swart en Wit Modevertoning tydens die Mercedes-Benz Modeweek Afrika op 26 Oktober 2012 om 20:30 gaan beslis ‘n fees vir die oog wees. Ons eie African Fashion International AFI FASTRACK™ ontwerpers, Khothatso Tsotetsi en Jessica Sutherland gaan hul uniek geïnspireerde, monochromatiese swart en wit versameling afwys tydens die vertoning. ‘n Partytjie uit die boonste rak volg na die tyd vir uitgenooide gaste en wenners van die NIVEA landwye kompetisie. Elkeen wat ‘n kaartjie vir die vertoning koop kry ‘n geskenkpak en ‘n kans om die partytjie by te woon. Vir kaartjies na die Mercedes-Benz Modweek Afrika besoek www.webtickets.co.za (geen kaartjies by die deur nie). Kaartjies wissel tussen R150 en R300. NIVEA loods ‘n landwye kompetisie tussen 15 September en 13 Oktober in uitgesoekte vroue tydskrifte en ander media kanale waar 25 verbruikers die kans staan om dubbel kaartjies en ‘n ten volle betaalde uitstappie na NIVEA se eksklusiewe Black and White modevertoning en partytjie met BBP behandeling te wen. Vir meer inligting besoek NIVEA.co.za