jannie
Funksies

ONDERWEG met Jannie du Toit

Toeriste vriendlik met Nederlandse kennis Jannie du Toit se aanbieding ter viering van sy veertig jaar in Afrikaanse musiek en bekendstelling van sy multimedia-publikasie ONDERWEG het ’n ernstige krisis in die gesig gestaar toe Christa Steyn, sy verhoogmaat en pianis van 25 jaar onlangs met kanker gediagnoseer is. Dit was en is steeds onseker in hoe ’n mate die chemoterapie wat sy moet ondergaan haar verhoogoptredes sal beïnvloed en ook die repetisieskedule was moeilik om met sekerheid te bepaal. Die produksiespan het egter nie rekening gehou met Christa se invloed op jong kunstenaars oor die afgelope dekades nie, en ’n wonderlike bestiering het ingetree: die briljante jong pianis, Clinton Zerf, het ingewillig om sy dagboek oop te hou en volledig op bystand vir haar te wees. Die landswye verhoogproduksie waarvan die teks deur PG du Plessis versorg word en die verhoogregie deur Emma Bekker behartig, is het ook die befaamde tjellis Susan Mouton as deel van die produksie.