Kuier saam by die Cederbergfees Vrouedag
Dit gaan ’n geleentheid wees om te onthou! Kom vier fees saam met SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, Sandra Prinsloo en Niël Rademan
Ons kuier saam met Laager Rooibos en Fair Cape by die jaarlikse Cederbergfees op Clanwilliam.
Die aktrise Sandra Prinsloo is die gasvrou en lesers kan uitsien na ’n heerlike ontbyt met Fair Cape se Free Range-suiwelprodukte, asook ’n rooibos-geïnspireerde middagete deur Jaco Slabber van die Olifantshuis-restaurant op Clanwilliam. Jy kan ook ’n glasie klink met Cederberg Wyne.
Hoogtepunte op die program sluit in ’n kabaretvertoning deur Niël Rademan en ’n kosdemonstrasie deur SARIE se Herman Lensing.


Elke gas word ook bederf met SARIE se Mei-uitgawe, ’n klein voorbeeld van die parfuum pureDKNY en ’n Estée Lauder-geskenkpak ter waarde van R1 000.
WAAR EN WANNEER
Datum: Vrydag 30 April 2010
Tyd: 08:15 vir 08:30
Plek: Augsburg Landbou-gimnasium, Clanwilliam
BESPREEK SÓ
Kaartjies: R230 per persoon slegs vir die Vroueoggend en R280 per persoon vir die Vroueoggend insluitend ’n kaartjie vir die 15:30-vertoning van Die Naaimasjien op 30 April.
Bespreek by Mariska van der Merwe voor 20 April by 027 482 2155.
Verwante artikels
-
Mathys Roets se CD saam met SARIE
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Die CD bestaan uit Afrikaanse én Engelse liedjies. Mathys het reeds verlede jaar sy verhoogoptredes aangepas en dit na Droomvrouens herdoop.






















Kommentaar