• Marita Pieterse

    Baie dankie aan Sarie vir ‘n heerlike vrouedag. Die vertonings was uit die boonste rakke! Maar ongelukkig kan dieselfde nie van die kos gesê word nie want dié was uiters swak. ‘n "Flan" het op die bord sy verskyning gemaak as ‘n stuk gebrande iets-sonder-beskrywing; ‘n pannekoek gevul met spinasie was ook gebrand, en om die spinasie op te spoor het mens ‘n vergrootglas nodig gehad. Mens sou kon redeneer dat dit maklik is vir my (‘n koskenner en resturant kritikus) om fout te vind met die kos, maar almal aan ons tafel was dit eens dat die kos treurig is. Een vrou het selfs haar bord teruggestuur, net om weer dieselfde "burnt offering" te ontvang op ‘n nuwe bord! Nee wat, dis ‘n skande, en ek hoop Sarie gaan die saak opneem met Kievitskroon.

  • Nerisa Coetzee van SARIE

    Marita
    Baie dankie vir jou kommentaar. Ek het die saak dadelik onder Kievitskroon se aandag gebring en hulle sal jou ook direk hieroor kontak.

  • Nanni Visser

    Baie dankie vir ‘n heerlike dag by Kieviets Kroon . Dit was weklik ‘n lekker dag so voor my verjaarsdag.

  • Leana Bruwer

    Dankie Sarie vir ‘n heerlike oggend. Die vertonings en seremoniemeester was regtig uitsonderlik. Ons het dit baie geniet. Die nagereg was ook baie baie yummy.

  • http://www.kievitskroon.co.za Alan O’Leary

    Dear Ms Pieterse,

    Thank you for the valued feedback received via the Sarie website and affording us the opportunity to look into your comments. I find it disturbing that we failed to deliver the high levels of service we pride ourselves upon. Clearly we did not meet your expectations and I do sincerely apologise for the shortfall in service delivery.

    The issues raised about the quality of the food served has been addressed with the Executive Head Chef and the chefs involved and remedial action has been taken to prevent a re-occurrence of the matters highlighted in your comments.

    We value you patronage and hope that we will have an opportunity in the future to change the current perception you may have of Kievits Kroon.

    Yours Sincerely,

    Alan O’Leary
    Managing Director

    Kievits Kroon

  • Estie Roodt

    Baie dankie aan almal daar by Sarie wat hierdie wonderlike dag gereël het, ek het dit regtig geniet. My Vriendin Marna Winter was die aansporing en vir haar wil ek ook baie dankie sê. Ons kon mooi aantrek en ek het weer spesiaal gevoel. Die vertoning "Op die vrou af" was baie goed en ek het lekker gelag. In hierdie tyd waarin ons leef was dit regtig ‘n "goed voel dag". Dankie!!

  • Dirkie Brink

    Dankie aan Sarie vir ‘n heerlike middag. Ek was by die middagvertoning en ek moet se ons kos was puik. So dit is darem nie almal wat ‘n teleurstelling beleef het nie. Dankie ook vir die prys wat ek gewen het van Kievits Kroon – ek gaan dit verseker geniet.

  • http://jktbpyplttbd.com/ yawxvspik

    dKdku8 itlksjhtydhg, [url=http://lteomvonjanr.com/]lteomvonjanr[/url], [link=http://kkabaryysxoi.com/]kkabaryysxoi[/link], http://ybjhpqasmxre.com/