Funksies

Pink Tree Vakansie mark

Kom maak gerus ‘n draai by die Pink Tree Vakansie mark vir heerlike vermaak vir die hele gesin. Daar gaan 80 stalletjies wees met produkte wat wissel van dekor items vir die tuin en huis tot vars blomme, plaasprodukte en tuisgebak. Alle produkte is handgemaak en word in die Suid-Kaap vervaardig en versprei. Ons gaan ‘n heerlike kuiertuin he, met kosstalletjies, stalletjies vir kinders en ‘n springkasteel. Almal is welkom om dit by te woon, en ons nooi spesiaal ook al die vakansiegangers om ‘n draai te maak. Toegang is absoluut gratis!!! Volg net die Pienk Boompies!!!