theuns_jordaanlr
Funksies

Randfontein Skou Kos & Musiekfees

Met die klem op KUIER, KOS en MUSIEK, beloof die 26ste Randfontein Skou om kleintydherinneringe in jou wakker te maak. Karlien van Jaarsveld, Theuns Jordaan, Die Heuwels Fantasties, DJ Ossewa, Gerhard Steyn, Robbie Wessels – asook verskeie buite arena vermaak met rofstoei en sterkman demonstrasies. ‘n Wyn, olyf & kaas tent is nuut op die spyskaart asook ‘n wye keuse van mielies tot roosterkoeke en Turkse schwarmas wat jou mond sal laat water. Kom sokkie in die Bevonkte Kuierskuur, sing “Country” by die Coca Cola buitelug arena of klap jou hande saam by die ATKV Christusfees of biddae vir mans en vroue. Dagboek nou die datum en besoek ons webtuiste of skakel 011 412 2878 / 087 808 5974 vir meer inligting.

  • E VAN ROOYEN

    SAL NOOIT WEER GAAN NIE…UITSTALLERS STAMP MENSE ROND !!

  • Elmien Christie

    Dit was die moeite werd… Baie beter as baie ander Skoue waar ons al was… net jammer alles word so duur… en jammer ek het Theuns Jordaan se vertoning gemis… Die Vroue Biddag was ‘n belewenis…baie dankie Sarie!