Funksies

Renosterbos MTB & Trial Run

Dit is weer Renosterbos tyd. Hierdie jaar het ons met ons tradisionele 20km, 40km en die lywige 70 km MTB roetes ook ‘n opwindende 15 km Trial Run. Daar is ook ‘n 5 km pret trap vir die kinders, wat ook medaljes kry as hulle die roete voltooi. Bring gerus die hele familie saam. Vanaf 8.30 word ‘n heerlike ontbyt bedien ‘n Mark, heerlike eetgoed en wynproe in die kelder is ook op die spyskaart! Die kinders is nie vergeet nie!. Buiten die pretttrap gaan daar ‘n spesifieke pretarea vir die kinders wees. Dit sluit in ‘n springkasteel, riksja fietsie, ‘n ponie, ‘n kinderprogram met onder andere ‘n poppekas, dans- en musiekvertonings. Hierdie jaar het ons besluit om spesifiek geld vir die belowende projek, Moving Arts Project in Barrydale te skenk. Hulle doen wonderlike werk onder die jeug .in ons klein plattelandse dorpie, waar geleenthede maar min is. Besoek ons gerus op facebook : Renosterbos. 1 Persoon wat ons facebook blad “like” staan ‘n kans om ‘n boks wyn van Joubert Tradauw Wine cellars te wen. Ons hoop dat u die heerlike familiedag saam met ons sal geniet! Stuur asseblief hierdie e-pos aan na u vriende. Yvonne Doornrivier| P O Box 57 | Barrydale | 6750 Tel: 028 572 1470 | Sel: 084 5971281| Email: doornrivier@barvallei.co.za

  • Yvonne Smit

    Klink na ‘n heerlike dag.