Funksies

Ride the Rhino Mountain Bike Race

Ride the Rhino is n 3 dag/fase fietstoer in die Weskus ten gunste van die bewaring van Renosters en die Renosterveld in die Wes Kaap. Die beginpunt is in Langebaan die 30ste September 2011 en eindig Sondag 2 Oktober 2011 by Nitida Wine Estate in Durbanville. Die Roete is belaai met avontuur en beloof die mooiste natuuurskoon langs die Kus en deur die Renosterveld tydens die pragtige blommeseisoen. Daar is drie roetes nl die Black Rhino (Tussen 80km en 90km per dag), die White Rhino (60km per dag) en die Baby Rhino (45km) wat plaasvind op Sondag 2 Oktober 2011. Verblyf, vervoer, etes en hope vermaak word ingesluit en daar is ook heelwat aktiwiteite vir toeskouers wat wil kom ondersteun.