Funksies

‘ROCK’ MET VALIANT SWART OP NEETHLINGSHOF SE EERSTE MALBEC-FEES

Valiant, wat bekend is vir sy Afrikaanse ruk-en-rol-treffers en tipiese cowboy-sjarme, sal beslis die gehoor aan sy voete hê elke oomblik wat hy op die verhoog is. Hy het oor die afgelope 20 jaar reeds meer as 100 oorspronklike liedjies en 14 albums saamgestel en is welbekend as ’n topklas-vermaaklikheidskunstenaar. Maak die meeste van die fees se “pretensielose kos, wyn en vermaak”-tema en begin die aand met ’n komplimentêre proe van Neethlingshof se malbec sommer uit die vat. ’n Feespas verseker jou ook van ’n gratis glas Neethlingshof Malbec 2011 en heerlike bunny chow met ’n keuse van kerriemaalvleis, romerige hoender en sampioene of gestoofde groente. Maak seker jy’s vroeg daar om vir jouself die beste plek met ’n goeie uitsig op die verhoog te kry. Komberse en stoele sal te huur wees, maar gaste is welkom om hul eie saam te bring. Neethlingshof-wyne, koeldranke en warm drankies sal te koop wees. Vir meer inligting, kontak Ilana Strydom by 021-883-8988 of stuur ’n epos aan imlacock@distell.co.za. Datum: Sondag, 11 November 2012. Tyd: Hekke open om 16:30 en die vertoning begin om 18:00. Plek: Neethlingshof-landgoed langs die M12 tussen Kuilsrivier en Stellenbosch. Koste: Standaard-kaartjies kos R110 en sluit ’n feespas, bunny chow en ’n glas Neethlingshof Malbec 2011 in, asook die vatproe. BBP-kaartjies kos R150 en sluit in ’n feespas, bunny chow, ’n glas Neethlingshof Malbec 2011, die vatproe, sitplek op die terras en bykomende verversings. Kaartjies vir kinders onder 12 kos R40 en sluit ’n feespas, bunny chow en sap in.