SARIE se Afri-Frans skop af by KKNK
Net ’n paar note van die Koos Kombuis-treffer “Lisa se klavier” in Frans – en dit was genoeg om SA musiekliefhebbers te oorrompel. Moenie dié produksie met Laurika Rauch, Mathys Roets, Myra Maud, Anna-Mart & Anna Davel misloop nie!
Binne weke het die Afri-Frans-CD goue status bereik en nou bring SARIE dié musiek verhoog toe. Die sangeres met die engelstem, Myra Maud, kom spesiaal van Frankryk en tree landwyd op saam met Laurika Rauch, Mathys Roets, Anna Davel en Anna-Mart van der Merwe.
Sien dié produksie eerste by KKNK - ook met Matthys Maree, Denny Lalouette, David Klassen & Mauritz Lotz.
Wees ook op die uitkyk vir ons landwye toer (hier's die toerdatums) of besoek www.afri-frans.co.za vir meer inligting.
Luister na die snitte op die Afri-Frans CD hier.

FEES-HOOGTEPUNTE
Anna-Mart van der Merwe is te sien in God van chaos. Wanneer die Villiers-egpaar die Le Rouxs nooi om ’n bakleiery tussen hul seuns uit te sorteer ontaard dié beskaafde bespreking in ’n volskaalse voorstedelike burgeroorlog. Die humor is vinnig, bytend en donker.
Dan is daar ook Mathys Roets se solo-vertoning Droomvrouens.
Hier is die program vir KKNK 2010.
Verwante artikels
-
Agter die skerms by Afri-Frans-toer in Pretoria - was jy dalk daar? - Foto's
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
Die Afri-Frans-toer was in Mei 2010 in Pretoria. Myra Maud, Anna-Mart van der Merwe, Anna Davel, Mathys Roets en Laurika Rauch het wéér die gehoor betower met van ons bekendste Afrikaanse liedjies (in Frans)...
-
Die brein agter Afri-Frans, en nou ook Afri-Spaans
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 1
Matthys Maree, wat die Afri-Frans musiekproduksie bekend gestel het, doen dit vanjaar wéér met Afri-Spaans. Waar kry hy rus vir sy siel?
-
Mathys Roets wys sy droomvrou
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 21
Hy sing deesdae vir hulle, sy droomvroue. Daar's sy hartsvrou, Margueriet Jones. En sy ma, Meisie, sy suster, Marié Greyling, en jare lange vriendin Alexa Strachan, almal vroue oor wie hy spesiaal voel.
-
Myra Maud van Afri-Frans
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
-
TV-vrou vertel: Ek moet stilraak om te reflekteer; te fokus...
SARIE Julie 2010
Carien Loubser (35) is regisseur, vervaardiger en tydskrifredakteur, maar beskryf haarself as 'n legkaartbouer.


















Kommentaar