anna_mart
Funksies

SARIE se Afri-Frans skop af by KKNK

Binne weke het die Afri-Frans-CD goue status bereik en nou bring SARIE dié musiek verhoog toe. Die sangeres met die engelstem, Myra Maud, kom spesiaal van Frankryk en tree landwyd op saam met Laurika Rauch, Mathys Roets, Anna Davel en Anna-Mart van der Merwe.

Sien dié produksie eerste by KKNK – ook met Matthys Maree, Denny Lalouette, David Klassen & Mauritz Lotz.

Wees ook op die uitkyk vir ons landwye toer (hier’s die toerdatums) of besoek www.afri-frans.co.za vir meer inligting.

Luister na die snitte op die Afri-Frans CD hier.

Afri-Frans

FEES-HOOGTEPUNTE

Anna-Mart van der Merwe is te sien in God van chaos. Wanneer die Villiers-egpaar die Le Rouxs nooi om ’n bakleiery tussen hul seuns uit te sorteer ontaard dié beskaafde bespreking in ’n volskaalse voorstedelike burgeroorlog. Die humor is vinnig, bytend en donker.

Dan is daar ook Mathys Roets se solo-vertoning Droomvrouens.

Hier is die program vir KKNK 2010.

  • http://yhfecbqahjdp.com/ bjfyovgf

    aaPmpK wolyqdknqipl, [url=http://gbdtbthrrvzr.com/]gbdtbthrrvzr[/url], [link=http://tfbpgxmckmoh.com/]tfbpgxmckmoh[/link], http://jfztjzxaltbn.com/