38op_die_vrou_af_low_res
Funksies

SARIE verjaar – kom vier saam!

Jy sal lê soos jy lag met Pedro Kruger en Jolette Odendaal se skreeusnaakse vertolking van André le Roux se SARIE-rubrieke. By die Kaapse partytjie tree die groep Adamsappel op en in Pretoria die manne van Navi Redd. André le Roux gaan gesels oor verhoudings en Marion Holm is die seremoniemeester.

Kom klink ‘n glasie op SARIE se 60ste met Douglas Green Sparkling Rosé. ‘n Luukse-vonkelwyn met onweerstaanbare vrugtige geure en aarbei-smake. Daarby kan 15 gelukkige SARIE-lesers by elke geleentheid ‘n geskenkpak van Lindt wen!

*Vir meer inligting oor Adamsappel, besoek www.adamsappel.co.za of kontak 072 957 2245.

Adamsappel

En oor Navi Redd, besoek www.naviredd.co.za. Hul splinternuwe DVD is pas bekend gestel.

Navi Redd

Stringe vol liefde

Miglio ondersteun The Homestead, wat help om die lewe van straatkinders te verbeter. Hulle verskaf die materiale wat ma’s van kinders by dié tuiste nodig het om armbande, oorbelle en halssnoere te maak, wat dan as deel van die Miglio-reeks verkoop word. Elke stuk is uniek en gee aan die vroue ’n broodnodige inkomste.

Bespreek só

* Kaartjies kos R290 per persoon en sluit ‘n ete, ‘n MIGLIO-armband (ter waarde van R49,50) en die Junie-uitgawe van SARIE in. Jy kan óók teen ‘n spesiale afslagprys op SARIE en SARIE KOS inteken.

* Bespreek jou kaartjie vir Kaapstad by Adele Vivier by 021 446 5091 of vir Pretoria by Liesel Pienaar by 011 322 0745 op weekdae tussen 09:00 en 17:00. Maak seker jy noem of jy die 09:00- of 15:00-partytjie wil bywoon. Besprekings open op 2 April 2009 om 09:00.

Waar & wanneer?

PRETORIA

Datum: 23 Mei 2009

Plek: Kievitskroon-landgoed

Tyd: 08:30 vir 09:00 tot 12:00 OF

14:30 vir 15:00 tot 18:00

KAAPSTAD

Datum: 30 Mei 2009

Plek: D’Aria, Durbanville

Tyd: 08:30 vir 09:00 tot 12:00 OF

14:30 vir 15:00 tot 18:00