060_lr
Funksies

Stellenbosch at Summer Place

Vir slegs een aand, sal Suid-Afrika se oudste wynroete in samewerking met Sanlam Private Beleggings sorg vir die opskop van die jaar met ‘n weergalose glansgeleentheid van die fynere dinge in die lewe soos net die fyngesnaarde wynmense van die Suide kan. Summer Place in Hyde Park se luukse onthaalvertrekke sal omskep word in ‘n unieke wyn-en-kos rendezvous waar gaste die gepoetste hart en siel van Stellenbosch in styl sal geniet terwyl hulle skouer skuur met 50 vooraanstaande wynmakers en landgoedeienaars. Kos- en wynliefhebbers kan uitsien na meer as 100 top wyne vanuit ons land se voorste wynstreek terwyl bekroonde sjefs met hulle unieke disse, gastronomiese genot aan die aand sal verleen. Hierdie besonderse ervaring sluit ook musiekvermaak in en kunsaanhangers sal hulle kan verlustig in ‘n uitstalling van indrukwekkende kunswerke vanuit die eksklusiewe Sanlam Kunsversameling. Jy kan ook op die aand leer hoe om die beste beleggingswaarde uit jou wyn- of kunsversamelings te put. Stellenbosch at Summer Place 2012 is vir diegene wat die Wynland in al sy glorie op eie bodem en glansryk wil ervaar en vir slegs R395 per persoon is dit presies wat hulle sal kan geniet. Kaartjies is beperk en verkoop soos soetkoek so bespreek sommer nou vir jou en jou vriende of kollegas. Die spoggerige aangeleentheid begin om 18:30. Jy kan jou kaartjies kry by www.webtickets.co.za. Vir meer inligting oor Stellenbosch at Summer Place 2012 skakel Elmarie Rabe by Tel: 021 886 8275, stuur ‘n epos na events@wineroute.co.za of besoek www.wineroute.co.za. Meer oor Sanlam Private Beleggings Sanlam Private Beleggings (SPI) is ’n holistiese, geïntegreerde welvaartbestuursonderneming in die Sanlam-groep. Die maatskappy verskaf advies aan en bestuur bates namens hoënettowaarde private individue en hulle families in Suid-Afrika, Brittanje, Wes-Europa en Australië. SPI het 400 werknemers in 23 internasionale kantore wat R120 miljard se bates onder bestuur en administrasie namens 30 000 kliënte in Suid-Afrika bestuur. Die maatskappy het kantore in Johannesburg, Pretoria, Durban, Claremont, Tygervallei, Stellenbosch, George en Knysna. Vir meer inligting, besoek www.sanlamprivateinvestments.co.za of @SPIMasterClass.