alex_ramm
Funksies

Tjello- en klavieruitvoering

Die konsert vind in die Enoch Sontonga-saal op die Unisa-kampus in Sunnyside, Pretoria plaas. Kaartjies vir die konsert word slegs by die deur verkoop teen R85 vir volwassenes en R65 vir studente en pensioenarisse. Program: Sonate in A majeur – Franck Finale uit solo tjello sonate – Kodaly Elegie: 24 Maraisburg – Paul Hanmer Sonate vir tjello en klavier – Rachmaninov Alex Ramm was ‘n finalis in die Unisa Internasionale Strykerskompetisie in 2010. In dieselfde jaar het hy die goue medalje by die Beijing Internasionale Kompetisie verower. Hy word begelei deur die Suid-Afrikaanse pianis Tinus Botha, wat tans ‘n dosent by die Noordwes Universiteit is.