awesome_4some_lr_
Funksies

TWO OCEANS HERMANUS-WALVISFEES LAAT JOU RUK EN ROL

Op Saterdagaand, 21 September, en Sondagaand, 22 September, sal feesgangers gelok word na hierdie kusdorp se waterfront-piazza wat omring is deur restaurante, om van Suid-Afrika se beste kunstenaars in aksie te sien. Daar sal ook geleentheid wees om die jongste wyne uit die Two Oceans-reeks te proe. Two Oceans, een van Suid-Afrika se suksesvolste wynhandelsmerke, word in meer as 80 lande wêreldwyd verkoop. Die Saterdagaand sal Awesome 4SOME, ’n skouspelagtige orkes van ses instrumente, gewilde liedjies van Led Zeppelin, Queen, AC/DC en U2 speel. Die volgende aand sal die Renegade Rockers hul weergawe van treffers van CCR, die Rolling Stones, die Beatles, Bon Jovi, Jimmi Hendrix en Aerosmith speel. Vir programbesonderhede, skakel 028 313 0928, stuur ’n e-pos aan festival@hermanus.co.za of besoek www.whalefestival.co.za.