ommiberg2012_large_2_lr_
Funksies

TYD VIR VOLOP PRET MET OMMIBERG BY NEDERBURG

Bring familie en vriende saam vir ’n dag vol opwindende oesbedrywighede, verhoogoptredes, wynproe en heerlike kos op die pragtige plaas. ’n Toegangskaart wat by alle deelnemende wynmakerye geldig is, sluit ’n proeglas en program in. Kaartjies is by Computicket te kry teen R80 per persoon kan op wynmakerye gekoop word teen R100. Daarvoor kan jy op Nederburg ook jong wyne gratis uit die tenk of vat te proe, tesame met ’n oondvars uietertjie om aan te knabbel. Kies uit die gesonde ontbyt- en middagete-opsies van die The Red Table-restaurant se spyskaart, of drentel verby die talle kos-en-drankstalletjies op die grasperk voor die historiese Kaaps-Hollandse opstal. Die smullekker happies wat te koop sal wees, onder meer dié wat The Red Door voorberei het, sluit in suurdeeg-broodbasisse wat in ’n houtoond gaar gemaak is, met bolae wat jy self kan kies, Prego-kos van braai na bord, asook verskeie tortilla-vouhappies. Nederburg se wyn sal ook te koop wees. As jy een van The Red Door se maaltye eet, kry jy R15 afslag op wyn-aankope van R100 of meer. Jy kry ook ’n gratis handelsmerk-voorskoot as jy ’n kas van ses bottels wyn uit die Heritage Heroes- of Manor House-reeks koop. As jy 12 bottels wyn koop, betaal jy net vir 11 daarvan. Verhoogmusiek sal met middagete op die stoep voor die opstal gespeel word. Van 10:00 tot 18:00 kan ’n mens in die Nederburg-besoekersentrum wyn proe. Van 10:00 tot 17:00 is daar elke uur verskeie proesessies en toere. Toets jou palet met ’n blinde proe, of kies handgemaakte kaas as pasmaats vir wyne. Die pryse wissel van gratis tot R25 per persoon, na gelang van die items wat in die proe ingesluit word. Net ’n beperkte getal besoekers kan by die proegeleenthede ingepas word. Daar sal van 14:00 tot 15:00 ’n druiwetrap-uitdaging langs die wingerde wees. Net ’n beperkte getal besoekers sal hieraan kan deelneem. Sorg dus vroeg reeds dat jou naam op die lys is. Boonop is daar vermaak vir die kleingoed. Dit sluit ’n poppeteater oor die middaguur in. Datum: Saterdag, 9 Maart 2013 Tyd: Ommiberg-fees by Nederburg: 10:00 tot 18:00 Keldertoer: 11:00 Koste: Ommiberg-fees: Alle besoekers (18 jaar of ouer) moet ’n toegangskaart, proe-glas en program koop waar hulle die eerste keer aankom, of koop dit deur Computicket teen R80 per persoon. By Nederburg sluit die kaartjies jong wyn en uietertjie gratis te proe in. Kaartjies kos R100 by die Nederburg-besoekersentrum. Dit kos niks vir persone jonger as 18 nie. Skakel: Skakel (021) 862-3104, of stuur ’n e-pos na nedwines@distell.co.za vir bedrywighede by Nederburg, en om kaartjies vir feesbedrywighede te bespreek. Skakel (021) 862-3104 of stuur ’n e-pos-boodskap na theredtable@nederburg.co.za vir besprekings by die The Red Table-restaurant.