flyer_us_velddraf_met_woorde
Funksies

US Velddraf met Woorde

Woordfees Velddraf met Woorde – Kom skop stof op in jou taal Die eerste “fun run” in Afrikaans. Kom skop STOF op in Afrikaanse woorde! In die lig van die Woordfees 2012 se Groen-tema sal deelnemers vir volhoubaarheid draf: volhoubaarheid van ons natuur én taal. Elke drawwer sal met ’n Afrikaanse woord i.p.v ’n registrasienommer draf as bewusmaking van die woorde wat ons taal uniek maak. Jy kry dalk jou gunstelingwoord soos PAMPERLANG, SMULVRAAT of BLITSVINNIG om in te hardloop! Na die resies kan jy heerlik onder die bome ontspan met ‘n heerlike piekniekmandjie en glasie wyn. (20@ afslag op Uitkyk wyn by die piekniek). Bly vir ‘n opwindende prystuitdeling – gelukkige prystrekking asook kontantpryse word uitgedeel. Baie vir die jongspul om te doen. Jy kan ook spesiale afslagkaartjies @R50 koop vir Die Heuwels Fantasties se optrede die aand by Neethlingshof. Bring jou vriende en familie! 12km “VASTRAP” – ‘n uitdagende roete wat vir die wat wil wys wat in hul steek. 6km “JAPTRAP”- ‘n rustige draffie deur die wingerde en is geskik vir die hele familie. Waar Uitkyk Wynlandgoed, Stellenbosch Wanneer 10 Maart 2012 Begin tye 12 km Vastrap 09:00 6 km Japtrap 09:00 Afsnytyd 10:30 Prysuitdeling 11:00 Gelukkige trekking 11:30 Aanlyn inskrywings by www.woordfees.co.za Meer inligting Marlise 082 955 2655 Heidi 082 925 7546