Funksies

VALIANT SWART LAAT DIE BIESIES BEWE SAAM MET DURBANVILLE HILLS

. Die ikoniese sanger gaan dan ’n somerkonsert by die Durbanville Hills-wynmakery aanbied. Valiant kan meer as 100 oorspronklike komposisies agter sy naam skryf. Hy word as een van die voorste Afrikaanse liedjieskrywers van die afgelope 20 jaar beskou, en het naam gemaak vir die eersteklas-vermaak wat hy bied – nie net plaaslik nie, maar ook internasionaal, want hy het al konserte in die VSA, die VK en Nederland aangebied. Geniet ’n soel someraand onder ’n sterbelaaide hemel, teug aan ʼn glas Durbanville Hills-wyn, en luister na dié topmusikant. Bring jou eie piekniek saam, of koop ’n piekniekmandjie van Durbanville Hills teen R295 vir twee, met ’n bottel Merlot Rosé op die koop toe. Gaste word aangeraai om hul eie komberse te bring, want geen stoele word toegelaat nie. Durbanville Hills se wyne sal te koop wees, saam met koeldrank, warm sjokoladedrankies, tee en koffie. Skakel Simone by (021) 558-1300 of stuur ’n e-pos na sibrown@durbanvillehills.co.za vir nadere besonderhede. Bespreek ’n piekniekmandjie vooraf deur Hanlie van Durbanville Hills by (021) 558-1300 te skakel, of stuur ’n e-pos na info@durbanvillehills.co.za. Datum: Vrydag 8 Februarie 2013 Tyd: Hekke maak om 18:00 oop. Die konsert begin om 19:00 Kaartjies: R100 per persoon. Is te kry by www.webtickets.co.za (sluit ’n wynglas in), of teen R120 by die hek. Kinders jonger as 12 kom gratis in.