chase_the_sunset_press_release_high_resolution_image_available_
Funksies

Veldloop-en-sopnaweek by Durbanville Hills-wyne

Jy kan op Saterdag en Sondag die middag heerlik aan ’n smullekker verskeidenheid sop en brood smul. Durbanville Hills se wyn sal die hele middag te koop wees. Die Sonsakveldloop oor 5 of 10 km vind laatmiddag op Saterdag plaas. Dis die allerbeste manier om die golwende heuwels wat dié wynstreek só skouspelagtig maak, te ervaar. Die veldloop kronkel deur die pragtige wingerde rondom die kelder, en dit, saam met ’n goeie dosis vars lug, sal beslis ’n eetlus opwek wat die bak sop daarna vorentoe sal laat smaak. Sop en brood vir middagete Datums: 1 en 2 Junie Tye: 12:00 tot 15:00 Koste: R145 per persoon vir die sop-en-broodbuffet Besprekings is noodsaaklik. Skakel (021) 558-1300 of stuur ’n e-pos-boodskap na info@durbanvillehills.co.za. Sonsakveldloop Datum: 1 Junie Tyd: Registreer van 16:00 op die dag. Die veldloop begin om 17:00. Koste: R60 per persoon. Sop en Durbanville Hills se wyn sal ná die veldloop te koop wees.