christmas_day_lunch_2012_lr_
Funksies

VIER KERSFEES BY THE EATERY BY DURBANVILLE HILLS-KELDER

Voorgeregte om die smaakkliere aan die gang te kry, sluit in Parmaham en skywe spanspek met ’n gemmersous, ’n tert van wilde sampioene, truffels en uie of gravadlax met ’n dillekors en crème fraiche. Die buffet bied drie smaaklike vleisgeregte – varklendestuk, lam op die spit of gerookte kalkoek – wat bedien word met ’n verskeidenheid van vars groente en slaaie, terwyl die nageregte beslis diegene met ’n soet tand gelukkig gaan maak. Dink aan pawlowa met vars bessies en ’n joghurt van wit sjokolade of ’n eenvoudige vanielje-sjokoladeblok. Vir ’n ontspanne dag van viering en herdenking, bespreek nou jou plek vir middagete by The Eatery, Durbanville Hills, vir Dinsdag, 25 Desember, van 12:00 – 15:00. Die driegang-middagete kos R475 vir volwassenes en sluit ’n glas Durbanville Hills Rosé by aankoms in, terwyl kinders onder 12 R250 betaal. Vir meer inligting, besoek www.durbanvillehills.co.za.