Funksies

VIER MOEDERSDAG BY DURBANVILLE HILLS-WYNE

ʼn Enkele dag is skaars genoeg om Ma dankie te sê daarvoor dat sy altyd die een was wat laat wakker gebly het om jou met jou huiswerk te help; wat jou trane afgedroog het na jy jou op die sypaadjie nerf-af geval het; of wat haar by die swemgala hees geskree het om jou aan te moedig. Middagete by The Eatery by Durbanville Hills-Wyne op 12 Mei is egter ’n goeie begin vir dankie-sê. Teen die agtergrond van ʼn skouspelagtige Tafelberg en Tafelbaai kan jy ’n glasie op Ma klink met ’n komplimentêre glas Durbanville Hills Merlot Rosé. (Daar is boonop nog sjokolade vir haar ook.) ’n Buffet-ete met lamsboud met kruie gerooster, geroosterde knoffel-en-tiemiehoender, kitsgebraaide seisoengroente en aartappelwiggies word saam met verskeie soetgoedjies, koffie of tee en biscotti bedien. Datum: 12 Mei 2013 Tyd: 12:00-15:00 Plek: The Eatery by Durbanville Hills-Wyne Koste: R169 per persoon en R80 per kind Besprekings is noodsaaklik. Skakel The Eatery by (021) 558-1337, of stuur ’n e-pos-boodskap na info@dheatery.co.za.