Funksies

VIER ‘ST PADDY’S DAY’ BY DURBANVILLE HILLS

Die kelder gaan die groen tema verder voer en ’n bottel Durbanville Hills Sauvignon Blanc gee vir elke 12 leë Durbanville Hills-wynbottels wat na die kelder gebring word vir herwinning. Al die kos op die dag sal ook in omgewingsvriendelike verpakking bedien word. St Patrick’s Day, bekend vir sy vierklawers, groen versierings en dwerge, is in die 17de eeu as ’n godsdienstige vakansiedag geskep uit erkenning vir Sint Patrick, die beskermheilige van Ierland. Vandag word dit regoor die wêreld gevier met feeste wat erkenning gee aan Ierse kos, kultuur en mites. Laat Ierse volks- en eietydse musiek jou voete aan die wikkel kry terwyl jy Durbanville Hills se bekroonde wyne geniet. The Eatery sal groen versierde sjokoladevormkoekies, geroosterde groente en pesto-pasta, biefstuk en swartbierpastei bedien, asook tradisionele vis en skyfies wat mense op die groen grasperk onder die olyfbome kan geniet. Daar sal regdeur die dag vermaak vir die kleingoed wees, en eetgoed vir hulle sal ook te koop wees. Datum: Sondag, 17 Maart Tyd: 10.00 – 15.00 Koste: Toegang is gratis. Wynproe kos R40 per persoon Vir meer inligting, kontak Laura Carswell op (021) 558 1300 of stuur ’n epos aan lacarswell@durbanvillehills.co.za