the_red_table_exterior_lr_4
Funksies

VIER VALENTYNSDAG IN ROMANTIESE ROOI OP NEDERBURG

Op Donderdag, 14 Februarie, bied The Red Table ’n opwindende toevoeging tot sy standaard-spyskaart. Ekstra voorgeregte op dié dag sal Weskus-oesters met brandrissie-, lemmetjie- en rys-asyn insluit, asook tempura-garnale met ’n vars babablaar- en veselperskeslaai. Onder die hoofgeregte is daar geroosterde Noorweegse salm wat bedien word met ’n warm fondant-slaai van aartappels, preie en kersietamaties bedrup met ’n suurlemoenslaaisous. Onder die verskeidenheid van watertand-nageregte tel die Valentynsdagspesialiteit, ’n soet, onderstebo-heuningkaaskoek met gestoofde bessies. Die voorgeregte wissel van R65 tot R90 per persoon, terwyl die hoofgeregte van R75 tot R145 kos. ’n Verskeidenheid van nageregte is beskikbaar teen van R45 tot R55. Vir ietsie anders kan ’n Valentynsdag-piekniekmandjie vir twee of meer kan vooraf bestel word teen R250 per persoon. Die mandjies is propvol heerlike eetgoed soos aspersies toegedraai in Parma-ham met ’n hollandaise-doopsous; ’n slaai van beet, feta-kaas en roketblare met ’n framboos-slaaisous; garnale in ’n lemmetjie- en tequila-marinade; hoender met peppadew- en pynappelsosaties; en selfs ’n verskeidenheid van spesialiskase en -bereide vleise. Hierby word platbrood en kraakbeskuitjies gevoeg. Die mandjie bevat ook gunstelinge soos aarbeie gedoop in Belgiese sjokolade en klein, rooi fluweelvormkoekies. Daar is ook ’n bottel Nederburg Brut om ekstra vonkel aan die geleentheid te verleen. Nie-alkoholiese drankies soos gebottelde water en appelsap is ook beskikbaar. Bespreking is noodsaaklik. Om vir die restaurant of piekniekmandjies te bespreek, skakel 021-862-3104 of stuur ’n epos aan theredtable@nederburg.co.za. Besoek gerus ook www.nederburg.com/theredtable of volg Nederburg op twitter.com/nederburg (noemnaam #Redtable) of http://www.facebook.com/Nederburg. Wyn kan by sowel die restaurant as die proelokaal gekoop word. ’n Korting van R15 op aankope van wyn en brandewyn van meer as R100 is tot April van toepassing. Ontvang ook ’n gratis bottel wyn wanneer 11 bottels gekoop word. Hierdie aanbod geld tot einde Maart. Die handelsure op Valentynsdag is van 11:00 tot 16:00 en weer van 18:00 tot 21:00. Normale handelsure geld op Woensdag en Saterdag en is van 11:00 tot 16:00 en op Sondag van 12:00 tot 16:00.