Funksies

VIER VROUEDAG BY THE RED TABLE OP NEDERBURG

Vanjaar bied die restaurant ’nspesiale spyskaart teen R195 per kop. ’n Verfrissende drankie word by jou aankoms aangebied. Die ete begin met peuseltjies Deense fyngebak, vrugteslaai en ’n vleis-en-kaas-keur. Borde met ʼn verskeidenheid van verskeie soutterte, tertjies en Franse roosterbrood kom dan aan die beurt, met karringmelk-plaatkoekies en ’n keuse van watertand-bolae daarna. Daar is ook voorsiening vir vegetariërs en mense met spesiale dieetbehoeftes. Die vroeë middagete word van 10:00 tot 12:30 bedien. Van 12:30 tot 16:00 word ’n à la carte-diens aangebied. Van 18:00 af bied dié eetplek met sy bistro-styl ’n keuse tussen ’n vaste seisoenspyskaart of à la carte-disse. Daar is ook voorsiening vir kinders. Die klem val op ligte disse met ’n vars smaak. Bestanddele kom meestal van plaaslike bronne. Daar sal vuur in die opstal se herde wees om ’n warm, gesellige atmosfeer te skep – net reg om teen daardie spesiale vrou in jou lewe te nestel. Besprekings is noodsaaklik. Skakel (021) 877-5155 vroegtydig vir ’n bespreking, of stuur ’n e-pos-boodskap na theredtabel@nederburg.co.za. Nederburg se besoekersentrum sal op daardie dag van 09:00 tot 17:00 vir wynproe en verkope oop wees. Benut die sentrum se spesiale aanbod vir Augustus: jy kry ’n komplementêre bottel wyn uit die wynmakery se gewilde Winemaster’s Reserve-reeks as jy enige 11 bottels uit dieselfde reeks koop. Daar is keldertoere om 10:30 en 15:00. Skakel Sunette Rust van Nederburg by (021) 862-3104 of nedwine@distell.co.za om te bespreek.