Funksies

Vriende & Tassenberg

Drie ou welbekende vriende, Anton Goosen, Ollie Viljoen en Valiant Swart, ontmoet mekaar weer om saam hulle volksbesit-musiek met die gehoor te deel. Hulle is die sout van Afrikaanse musiek. Hierdie driemanskap skep steeds kosbare erfstukke wat ons musiek ’n nuwe pad laat loop. Benewens hulle eie treffers, wat allerweë erken word as grensverskuiwend in oorsprong, sal die orkes en gaskuntenaars Sima, Kevin Gibson en Schalk Joubert vir verdere verrassings sorg.