function_and_conference_venue2_lr_
Funksies

WEES VROLIK MET KOS EN WYN, EN SONDER ENIGE HUISWERK, HIERDIE KERSFEES OP ALLESVERLOREN

Allesverloren se onthaalsentrum sal op 25 Desember ’n driegang-middagete aanbied wat sal begin met ’n voorgereg van fillodeeg gevul met ’n heerlike kombinasie van hoenderstukke, sampioene, gekaramelliseerde uie en feta. Vir die hoofgereg kan jy jou bord vul met milddadige porsies oondgeroosterde beesvleis, lamsboud en gerookte ham. Onder die bygeregte tel pampoen, Mediterreense groente, vars slaai, blomkool au gratin en meer. ’n Verskeidenheid koue en warm nageregte sal die ete afsluit. In Desember en Januarie kan jy die Allesverloren Tinta Barocca Rosé 2012 proe by die wynlandgoed se proelokaal. Dié wyn, wat in die reël net in Switserland verkygbaar is, sal in Desember en Januarie teen R40 per bottel by die proelokaal te koop wees. Die Danie’s Backyard Blend van 2011 sal ook beskikbaar wees teen R55 ’n bottel. Die proelokaal se besigheidsure oor die feestyd is van 8.30 tot 17.00 van Maandag tot Vrydag. en van 8.30 vm tot 14.00 op Saterdae. Die lokaal sal oop wees op 17 Desember, maar is gesluit op ander vakansiedae. Die Allesverloren Tinta Barocca Rosé van 2012 en die Danie’s Backyard Blend, ook van 2011, sal ook te koop wees by die onthaalsentrum se Kersete. ’n Kontantkroeg sal op die dag oop wees. Bespreking is noodsaaklik. Kontak Bertus Bester by 073 017 4402 of per epos by enquiries@allesverloren-fcv.co.za vir meer inligting en om te bespreek. Datum: Dinsdag, 25 Desember Tyd: Van 12.00 Prys: R285 per persoon; R125 vir kinders 12 jaar en jonger. Plek: Allesverloren-wynlandgoed, Onthaalsentrum, langs die R311 tussen Riebeek-Wes en Riebeek Kasteel, naby Malmesbury. GPS-koördinate: S 33 21.554 / O 018 52. 418. Besoek www.allesverloren-fcv.co.za vir meer aanwysings.