Funksies

Wene na Venisie/ Vienna to Venice/ Wien nach Venedig

Liefhebbers van die operette genre kry die geleentheid om hul geliefde arias aan te hoor wanneer Fanie Smit die spreekwoordelike musiekspoor vat! Die uitgesoekte groep kunstenaars bestaan uit: die energieke stuitige sopraan Michelle Veenemans met haar sprankelende persoonlikheid en onuitputlike sjarme en passievolle vertolkings, saam met die sjarmante virtuoso tenoor Dewald von Solms, beide ideaal toegerus vir die heldin- en heldrolle. Hulle word bygestaan deur Jacobus Swart (klavier en musikale regisseur) en die instrumentale groep Salon Five. Fanie Smit neem die rol aan van aanbieder en gesels met die gehoor oor die betowerende en meevoerende melodieë, soos “Schenk man sich Rosen in Tirol”,” Niemand Liebt dich so wie ich”, “ O so romantisch und schön”!