Funksies

www.sarie.com 30 November 2012

Die kombinasies sluit klassieke disse soos geglaseerde ham, camembert en bosbessie-heelvrugtekonfyt, soutbeesvleis en mosterd, gerookte salm en tuisgemaakte Kerspoeding in, en almal word natuurlik gekombineer met wyne uit Durbanville Hills se uitmuntende reeks. Die kos- en wynkombinasies kos R95 per persoon en sluit ’n geskenkie vir elke gas in. Daar word aanbeveel dat plek bespreek word vir groepe groter as ses mense. Vir meer inligting of om te bespreek, kontak Simone Brown by SIBrown@durbanvillehills.co.za of 021 558 1300.