FOTO Instagram / @adele

FOTO Instagram / @adele

Dieet

Adele se dieet – en dit wérk glo!

Die Grammy-wenner Adele het dié dieet beroemd gemaak. En by die dag lyk sy net gesonder en gelukkiger. SARIE se dieetkundige, Mariza van Zyl, sê dit kan jou dalk net goed doen!

Jy kan glo sowat 3 kg (7 pond) in ’n week verloor. Dis nou as jy jou bord vollaai met sogenaamde SIRT-kosse.

Dié kosse aktiveer spesifieke ensieme in die liggaam, wat sirtuïen genoem word en belangrike take in die liggaam het.

Nie net beskerm dit liggaamselle sodat dit nie afsterf as dit aan stres blootgestel word nie, maar dit reguleer ook inflammasie, metabolisme en veroudering. En beïnvloed die liggaam se vermoë om vet te verbrand en die metabolisme ’n hupstoot te gee. Só voer die Britse voedingkundiges Aidan Goggins en Glen Matten aan in The Sirtfood Diet (2016).

New York, NY / Madison Square Garden / Sept 25

A photo posted by @adele on

 

 

San Jose, CA / SAP Center / Jul 30

 

A photo posted by @adele on

St. Paul, MN / Xcel Energy Center / Jul 6 A photo posted by @adele on

Die dieet

Die tien algemeenste SIRT-kosse is groentee, donkersjokolade (minstens 85% kakao), appels, sitrus, borrie, rooiwyn, pietersielie, kool, bloubessies en kappertjies.

Die eerste drie dae kan jy net 4 200 kJ p/d inneem by wyse van 3 groensappe (kool, pietersielie, seldery, groentee, groenslaai en suurlemoen). En een maaltyd ryk aan SIRT-kosse: Byvoorbeeld kalkoenskyfies (escalope) met salie, kappertjies en pietersielie; hoender-en-kool-kerrie; en garnaal-roerbraai met bokwiet-noedels (buckwheat). Van dag 3-7 kan jy 6 300 kJ inneem.

Daarna volg ’n instandhoudingsfase van 14 dae. Die skrywers glo dis ’n realistiese manier om gewig te verloor én dit af te hou. Op langtermyn beveel hulle aan jy eet drie gebalanseerde maaltye ryk aan SIRT-kosse en drink een groensap per dag.

 

Wat sê ons dieetkundige?

Wanneer die produksie van die SIRT-ensieme verhoog word, kan die liggaam se gebruik van vet of koolhidrate teoreties verhoog, sê Mariza van Zyl, Kaapse geregistreerde dieetkundige en skrywer van Dik vir Dieet (Naledi, 2015).

Die sogenaamde SIRT-kosse is egter nie die enigste manier om die ensieme te “aktiveer” nie. ’n Lae kJ-dieet doen dit óók, en dis juis een van die redes waarom “min eet” geassosieer word met langlewendheid (longevity). En waarom ’n oormaat kJ, hetsy afkomstig van proteïen, vet of koolhidrate, ’n groot rol speel in vinniger veroudering en by siektes.

Dan is die sogenaamde SIRT-kosse boonop baie gesond, want dis ryk aan fenole en ander aktiewe fito-nutriënte wat gesondheidsvoordele inhou. Volg jy dus die dieet, kan jy nie anders as om ’n oormaat “gesonde” groente en vrugte in te neem nie.

“Hoewel baie mense sal sê 4 200 kJ p/d is hopeloos te min, is dit ’n maklike manier om ’n metabolisme wat ‘verstop’ is weens te veel kos (vet, proteïene en/of koolhidrate) ’n hupstoot te gee en weer aan die gang te kry,” sê sy.

 

WAS

 

A photo posted by @adele on

Philadelphia, PA / Wells Fargo Arena / Sept 10

A photo posted by @adele on

Is dit volhoubaar?

Volgens haar bepaal jou genetiese samestelling watter soort dieet vir jou ideaal is. As jy bv. geneties min koolhidrate moet eet en jy lê weg aan SIRT-kos se appels en lemoene, gaan jy dalk nie gewig afskud nie. Net so as jy vetsensitief is, maar SIRT-kosse by ’n vetryke dieet voeg. 

Die inskakeling van SIRT-kosse by jou dieet dien dalk net as motivering om kossoorte wat dikwels in ons Westerse eetpatroon afwesig is, bv. kappertjies, borrie en pietersielie, ’n plek op ons spyskaart te gee, reken Mariza.

Lees nou

Eet sjokolade sonder skuldgevoel