FOTO Instagram /@adele

FOTO Instagram /@adele

Gesond

Adele se eetplan én verloor gewig

Almal praat oor die Sirt-dieet. Hoekom? Sedert die Grammy-wenner Adele hierdie dieet gevolg het, het sy gewig verloor. Nié net lyk sy fantasies nie, hoewel sy nog altyd fantasties gelyk het, maar sy eet ook lekker – bonus! Eet lekker aan donkersjokolade, geniet jou rooiwyn – én verloor gewig. Geen wonder almal praat oor die Sirt-dieet nie. SARIE se dieetkundige, Mariza van Zyl, sê dit kan jou net goed doen én die Sirt-kosse is supergesond. 

Boonop kan jy tot 3 kg per week verloor!

Sirt, wat?

Dié kosse aktiveer spesifieke ensieme in die liggaam, wat sirtuïen genoem word en belangrike take in die liggaam het.

Nie net beskerm dit liggaamselle sodat dit nie afsterf as dit aan stres blootgestel word nie, maar dit reguleer ook inflammasie, metabolisme en veroudering. En beïnvloed die liggaam se vermoë om vet te verbrand en die metabolisme ’n hupstoot te gee. Só voer die Britse voedingkundiges Aidan Goggins en Glen Matten aan in The Sirtfood Diet (2016).

Montreal, QC / Bell Centre / Oct 1

A photo posted by @adele on

Jou Sirt-gids:

Wat sê ons dieetkundige?

Wanneer die produksie van die Sirt- ensieme verhoog word, kan die liggaam se gebruik van vet of koolhidrate teoreties verhoog, sê Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige en skrywer van Dik vir Dieet (Naledi, 2015). Die sogenaamde Sirt-kosse is egter nie die enigste manier om die ensieme te “aktiveer” nie. ’n Lae-kJ-dieet doen dit óók, en dis juis een van die redes waarom “min eet” geassosieer word met langlewendheid (longevity). En waarom ’n oormaat kilojoules, hetsy afkomstig van proteïen, vet of koolhidrate, ’n groot rol speel in vinniger veroudering en by siektes. Dan is die sogenaamde Sirt-kosse boonop supergesond, want dis ryk aan fenole en ander aktiewe to-nutriënte wat gesondheidsvoordele inhou. Dit wil voorkom asof dit juis dié aktiewe plantbestanddele is wat ’n rol speel om die Sirt-ensieme “aan te skakel”. Volg jy dus die dieet, kan jy nie anders as om ’n oormaat “gesonde” kos te eet nie. “Die eerste drie dae kan jy net 4 200 kJ per dag inneem. Hoewel baie mense sal sê dis hopeloos te min, is dit ’n maklike manier om ’n metabolisme wat ‘verstop’ is weens te veel kos (vet, proteïene en/of koolhidrate) ’n hupstoot te gee en weer aan die gang te kry,” sê Mariza. The Sirtfood Diet moedig ook gereelde oefening (5 keer ’n week vir 30 minute lank) aan.

Die beste Sirt-kosse 

Groentee, donkersjokolade (minstens 85%-kakao), borrie, rooiwyn, kool, pietersielie, sitrus, kappertjies, brandrissies, seldery (ook blare), bokwiet, ko e, ekstra-suiwer olyfolie, dadels, rooi sigorei, rooi-ui, bruinui, roketslaai, soja, aarbeie, okkerneute, bessies, quinoa, broccoli, bronkors (watercress), appels en baie kruie en speserye. Ook salm en garnale. Daar is nog talle ander soorte groente en vrugte met baie fenole. Vleis is nie ’n Sirt-kos nie, maar jy kan dit eet. Die idee is om Sirt-kosse by jou dieet te voeg en nie dat jy ander kos moet verban nie. 

Vancouver, BC / Rogers Arena / Jul 20

A photo posted by @adele on

Die eetplan

Dag 1 – 3

Jy neem 4 200 kJ per dag in by wyse van 3 groensappe (soos kool, pietersielie, seldery, groentee, groenslaai en suurlemoen). En een maaltyd ryk aan Sirt-kosse: bv. kalfsky es (escalope) met salie, kappertjie en pietersielie; hoender-en-kool-kerrie; of garnaal- roerbraai met bokwiet-noedels (buckwheat). Bederf jouself met 15 – 20 g 85%-donkersjokolade.

Dag 4 – 7

Jy kan 6 300 kJ inneem. Drink daagliks 2 groensappe, eet twee maaltye met Sirt-kosse en ’n sjokoladelekkerny soos bo.

– Daarna volg ’n instandhoudingsfase van 14 dae.

Volgens The Sirtfood Diet is dit ’n realistiese manier om gewig te verloor én dit af te hou. Op lang termyn beveel hulle aan jy eet drie gebalanseerde maaltye ryk aan Sirt- kosse en drink een groensap per dag.

As jy nie gewig wil verloor nie, maar die energie en gesondheidsvoordele wil benut: Eet 7 dae lank daagliks 3 maaltye met Sirt-kosse, drink een groensap en eet die voorgestelde hoeveelheid sjokolade.

Is dit volhoubaar?

Volgens Mariza bepaal jou genetiese samestelling watter soort dieet vir jou ideaal is. As jy bv. geneties min koolhidrate moet eet en jy lê weg aan Sirt-kos se appels en lemoene, gaan jy dalk nie gewig afskud nie. Net so as jy vetsensitief is en Sirt-kosse by ’n vetryke dieet voeg.

Tog: Die toevoeging van Sirt-kosse by jou maaltye dien dalk net
as motivering om voedselsoorte wat dikwels in ons Westerse dieet kortkom, bv. kappertjies, borrie en pietersielie, ’n plek op ons spyskaart te gee, reken sy.

En daarmee kan ons glad nie fout vind nie!

Lees nou

Beauty and the Beast se lokprent is uit!

Alternatiewe skoene vir ’n bruid

Diabeet-vriendelik: Sjokolademousse