FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Gesond

ADHD in ’n neutedop

Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom, algemeen bekend as ADHD, is ’n mediese toestand wat jy dikwels nie ontgroei nie. Met Nasionale ADHD-dag fokus ons op dié sindroom en wat jy als moet weet.

Onthou ADHD word nié deur die volgende veroorsaak nie:

– Kos-allergieë

– Te veel TV of ander tegnologie

– Te veel suiker

Bron: NIMH

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Kan lyk soos ADHD, maar is nie:

– Allergieë en asma kan jou kind moeilik laat asemhaal en sy konsentrasie verbreek.

– ’n Gehoor- of sigprobleem.

– Middeloor-infeksies kan gehoorprobleme veroorsaak.

– Onderprestasie op skool weens leerprobleme.

– Emosionele probleme as gevolg van iets soos ’n egskeiding of dood in die gesin.

– Ontwrigtende of terughoudende gedrag weens angs en depressie.

– Probleme met konsentrasie weens petit mal-epilepsie (’n bewussynsteuring van ’n paar sekondes).

Bron: ADHASA

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Studies wys kinders met ADHD is meer geneig om:

– Vroeg uit die skool te gaan (32% tot 40%)

– Min of geen vriende te hê (50% tot 70%)

– By antisosiale aktiwiteite betrokke te raak (40% tot 50%)

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Hier’s die statistieke

– Tienerswangerskappe is volop en kom voor by 40% van ADHD-lyers.

– Sowat 8-10% van Suid-Afrikaners het ADHD. En dit neem waarskynlik toe.

– Vir elke meisie wat daaraan ly, is daar 3 seuns wat die toestand het, volgens die amptelike syfer. Maar kenners reken dis net so algemeen onder meisies en dat dit bloot nie by hulle gediagnoseer word nie.

– Dis in sowat 80% van gevalle oorgeërf en ’n kombinasie van albei ouers se gene, hoewel hulle nie noodwendig klinkklaar ADHD het nie.

– Omega 3- en omega 6-aanvullings maak ’n verskil in sowat 40% van gevalle.

– Dieet-aanpassings help in sowat 20% van gevalle in ’n mate.

– 1/3 kan hul medikasie stop as hulle groot is.

– Sowat 75% het leerprobleme. Hulle floreer nie in die huidige onderwysstelsel nie.

– Sowat 7-8 uit 10 kinders se toestand verbeter met medikasie. By die klein groepie vir wie pille nie werk nie, word op gedragsterapie gefokus

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

 Lees nou

Selfs met ADHD kry hy graad

ADHD: Die 7 mites

My lewe met ADHD: “Jy kán jou uitleef”