sarie_1
BEWEEG SA

Andri se dieet-blog: “Daag jouself uit”

Maar dit moet nie die heeltyd in jou gedagtes wees en jou dag beïnvloed nie. Anders gaan jy ’n obsessie daarmee ontwikkel. Maak dit ʼn leefstyl, hoe meer jy konsentreer op jou dieet, hoe moeiliker raak dit om net laat gaan en die mooi van die lewe raak te sien, en nie net altyd te fokus op jy eet nie.

Julle dink seker dis makliker gesê as gedaan, wel ek kan getuig die kere wat ek reg eet en half net “let go” gaan dit beter, as ek en mense rondom my erg gefokus is dan gaan dit weer nie so goed nie.

Mens kry mos maar die emosionele eters. Ek dink regtig of ons dit nou wil weet of nie, baie van ons vrouens is maar emosionele eters en dit is baie moeilik om dit te verander. My raad  is om, wanneer jy sleg of emosioneel uitgeput voel en wil eet, gaan stap eerder. So voel jy regtig vinnig beter, en oor ʼn week gaan jy beter lyk en dan weer beter oor jouself voel, probeer dit.

As julle bietjie moedeloos voel of net moedeloos is met  jou gewig, kleur jou hare, koop ʼn mooi top, verf jou lippies rooi en gaan wys vir die wêreld jy is baas en niemand gaan jou onder kry nie. Jy sal sien watter positiewe uitwerking dit sal hê!

Ek wil al die kaapenaars challenge: Ek het nog nooit in my lewe ʼn fun run of so iets gedoen nie Sondag 9 Oktober gaan ek, kan julle glo, ʼn 5km fun walk doen, gaan besoek kfm se webtuiste vir meer inligting.  Dit sal so lekker wees as van julle my gaan join, dan motiveer ons mekaar! Hoop julle is in!

Hoop dit gaan goed met julle almal, dankie dat julle nog ʼn blog lees, ek moet vir julle se as ek so moedeloos raak met my dieet, my lyf staan nou weer bietjie stil, en wil ietsie verkeerd eet dan dink en aan al die awesome SARIE-lesers en dan ruk ek myself weer reg!

Maag julle ʼn lekker week hê en onthou hoe pragtig jul is!

Baie liefde

Andri

  • LucyC

    Hallo Andri

    Ek was so bly dat ek vandag jou blog ontdek het. Ek is sommer ‘n lekker ou "slump" vandag. Ek het 32kg om te verloor – en hierdie laaste 2 jaar is dit op en af – ek sal goed begin – 5 kg verloor – en dan verloor ek stoom en tel alles weer op.

    Miskien is my kop nie reg nie, want ek voel nie ek kan dit doen nie. Waar my lewe op die oomblik is voel kos soos my troos en as ‘n voltyds werkende enkel ma is tyd vir oefen so beperk.

    Ek gaan nou eers jou ouer blog inskrywings ook lees.

    Dankie vir die inspirasie.

  • Tiaan Terblanche

    Andri is ‘n legende!! Ons is baie trots op jou!!

  • owkqgneqxo

    cRRsCi tbrnbwqpvwlz, [url=http://fiiiqjieevnk.com/]fiiiqjieevnk[/url], [link=http://cpujmlobbwrb.com/]cpujmlobbwrb[/link], http://rkqvbpxzidaj.com/

  • hpnqzpfagvo

    y9DJ2i fgbddvkbuvjg, [url=http://uzsvqyfsuxsc.com/]uzsvqyfsuxsc[/url], [link=http://gkajedpfarvh.com/]gkajedpfarvh[/link], http://yhrddtibjomn.com/