BEWEEG SA

Andri se dieet-blog: “Ek is trots op…”

Daar is ʼn paar redes waarom ek trots is op myself en ek is opgewonde.  Ek hoop met alles in my jy kry ook ʼn paar goed in jou lewe om trots oor te voel en net ʼn gelukkiger jy te wees.

  • Ek is trots oor die feit fat ek laas week ʼn normale grootte hemp vir my kon koop by ʼn kettingwinkel.
  • Ek is trots dat ek al in die spieël kan kyk en die positief in my lyf kan raaksien.
  • Ek is trots dat ek elke dag mooi wil lyk omdat ek voel ek verdien om mooi te lyk. 
  • Ek is trots dat ek elke dag oefening inkry.
  • Ek is trots dat ek lewe en mense in my lewe het wat my liefhet vir wie ek was is.  
  • Ek is trots daarop dat ek spiere bou en liggaamsvet verloor.
  • Ek is trots dat ouens eintlik vir my sê: “Sjoe Andri, jy lyk mooi” en ek kan sien hul bedoel dit, dit was ʼn eerste!

Ek het Sondag vir die eerste keer in my lewe ʼn 5km stap wedloop gedoen en dit was ongelooflik lekker en was so trots op myself dat ek dit klaargemaak het en sal beslis weer so iets doen. Onthou as ek dit kon doen kan julle almal , staan op en stap! Dit was ʼn groot emosionele en fisiese hekkie wat ek oorkom het.

Julle almal is pragtige mense en verdien om trots op julself te wees, daai klein dinge in die lewe maak daai groot verskil, moenie wag vir ʼn wonderwerk om te gebeur nie, jy is daai wonderwerk! Glo net in jouself!

Eet gesond, beloon jou af en toe met iets lekker, drink baie water en oefening!
Baie dankie, jul motiveer my geweldig en los kommentaar oor wat JOU trots maak.

Baie liefde

Tot volgende keer

Andri

  • Marike Lochner

    Ons is ook trots op jou. Hou so aan!

  • Esta Laumann

    So geweldig trots op jou! Wow meisiekind! Hou so aan en behou asb jou positiewe houding. Jy hoef nie rietskraal te wees om "mooi" te wees nie. Jy is klaar pragtig! Wees net gemaklik met jouself. En jou lyf, jy sal sien, jy is al klaar n wenner!!

  • Carien Nagel

    Jy is ‘n pragtige rolmodel van deursettingsvermoe, krag, selfdissipline en lus vir die lewe. Kampus het baie by jou geleer blom…hou so vol!!!

  • Sharn Groenewald

    Ek is trots oor ek kan se ek ken jou, ek is trots oor die wonderlike mens wat jy is, ek is trots oor jy so ongelooflik positief is, ek is trots oor jy vir elkeen kan wys dit kan gedoen word. Doen so voort.

  • Lynette Schutte

    Ek is ook trots op jou…. jy lyk pragtig…
    wens net ek kan die lus kry om te oefen.

  • Christie-Anne Wolmarans

    Hi Anri jy is vir ons ‘n inspirasie watse wedloop het jy gedoen?