sarie_1
BEWEEG SA

Andri se dieet blog: ‘Selfbeeld vs selfvertroue’

As ek nie heeltyd weer begin het nie, het ek seker al 60 kilo’s opgetel, maar die awesomste ding is, dit is normaal om ʼn af tydjie te hê, om ietsie verkeerd te eet en nie elke dag die week by die gym uit te kom nie! Maar tog het ek ’n doel en ek is sterk en sal daar uitkom! Glo net in jouself!

As dit by praat kom, is ek nie skaam nie. Ek sal my sê sê, maar min mense weet dat as dit by myself kom, is ek baie skaam. Ek het selfvertroue, maar ’n gebrek aan ’n selfbeeld. Het alle vroue nie maar in vandag se lewe ’n probleem met hul selfbeeld nie?

Of jy nou ’n grootte 10 dra of 24, jy krulhare het of geen hare nie, lank is of kort is. Meeste vroue soek iets fout met hul voorkoms. Hoe baie van ons kyk na so baie uiterlike dinge van mense en so min na ander se harte? Ons gee graag vir mekaar ’n kompliment oor ons voorkoms, maar so min ’n geestelike of emosionele kompliment. Is ons harte nie die kosbaarste ding nie?

Voor ek 35 (38 nou) kilo’s verloor het, het mense my glad nie graag gekomplimenteer oor my voorkoms nie (ek neem hul ook nie kwalik nie), maar partykeer het hul my darem emosioneel gekomplimenteer.

Toe ek die kilo’s verloor het, het mense gesê: “sjoe maar jy lyk goed”, toe mis ek daai hartskomplimente. (Ongelooflik baie dankie vir almal se mooi woorde deur my journey- dit vat niks daarvan weg nie).

Wat ek eintlik probeer sê is, gee komplimente vir mense oor enige iets. As dit nie vir mense se komplimente was nie, was ek glad nie waar ek vandag is nie. Hoeveel keer het ek vir vriende gesê ek is die lelikste mens ooit, ek gaan nooit ’n man kry nie en ek is so en so, het baie van hul kwaad geraak. Ek het nooit besef hoekom nie. Maar ek groei nou meer as ooit binne myself. Mens het nodig om positief na jouself te kyk en nie jouself in jou hart of voor ander mense af te kraak nie. Hou op om jouself af te kraak! Daar is so baie dinge in ons lewe om voor dankbaar te wees!

Dit gaan nie vir my oor hoe ek nou lyk en nog gaan lyk nie, maar ek wil ’n positiewe hart hê. Een manier om ’n positiewe hart te hê is om beter oor jouself te voel en om beter oor jouself te voel, benodig mens ’n gesonder lewenstyl…

Dis lente, leer weer bietjie jou hart ken, lewe met trots vir jou hart en liggaam!
Baie liefde Andri**

  • leandre

    ou vriendin! Jy wet ms js di perfekste vriendin! Bja bja geluk! Jt my diep grak! Wel sterkte voorento

  • Isabella Niehaus

    Ek het lekker gelees Andri…wyse woorde van ‘n ou vrou….as jy heeltyd lelik praat oor jou lyf gaan sit dit in elke selletjie….wees mooi met jou lyf……..en jou lyf gaan luister en die reward is amazing!!! Groete en ‘n druk. Isabella.

  • Fiona

    Baie waar en mooi woorde……iets vir ons almal om oor te dink. Sterkte Andri

  • Gerda

    Ai, ken ek nie daai gevoelens so goed nie! Ek sukkel net so met my gewig, verloor ‘n bietjie, tel weer op, wipplank… Dis tog so hartseer dat dit so maklik is om gewig op te tel en sooooo moeilik om dit weer te verloor. Ek het nou al alles probeer wat op die mark is, maar weet die enigste manier is om gesonder te eet en oefen oefen oefen! Maar ek stem saam met jou, mens moet af en toe "cheat" anders is dit so maklik om permanent van die wa te val… Ek het darem nou al 7kg verloor, het nog 40kg om te gaan. Nou staan my gewig al vir ‘n week stil, ‘n boodskap aan my dat dit nou tyd is om te begin oefen. Het gister weer by die gym aangesluit wat my eintlik vies maak vir myself aangesien ek al die goed wat nodig is by die huis het(skudmasjien, roeimasjien, toue, gewigte), maar nog nie die wilskrag en selfdissipliene om dit op my eie te maak nie. Eintlik wil ek nie gym toe gaan nie, omdat niks my pas nie en ek so VET lyk, maar ek dink maar by myself: Whatever, een van die dae is jy maerder en dan staar hulle vir ander redes en is die pyn(van oorgewig wees) in jou lyf weg! Dankie en sterkte vir jou ook, jy’s ‘n inspirasie vir almal!

  • Eurika

    Ai lekker sit en huil ek nou oor jou PRAG woorde… Jys my inspirasie. ja ekt saam met jou uit die stof op gestaan… en as my magie soms kla teenoor my…dan se ek net… Bly stil jou Vetgat.. jys op ‘n min eet en nie ‘n eetstaking..(grappie) Ai Andri..eks so bly ek het hierdie blog van jou ontdek… Eks al die pad met jou.

  • Ronel Steenkamp

    Adri baie dankie vir hierdie artikel ek is tans ook besig om bietjie gewig te verloor en jou artikel het my nou meer as ooit inspireer. Sterkte vir jou vorentoe.

  • Charmaine

    Sterkte, sterkte en sterkte. As jy moedeloos word onthou dis menslik, ons stap saam jou. Kop op met force ! Jy maak dit vir baie van ons moontlik om weer op te staan.

  • CHERYL BURGER

    AS JY ELKE OGGEND OPSTAAN EN MOOI AANTREK EN GESIGGIE INKLEUR EN NET DAAI IETSIE EXTRA DOEN-LYK EN VOEL JY KLAAR BAIE GOED. MAAR MET ‘N SKAAL WAT JOU WONDERLIKE NUUS VERTEL AS JY OP DAAI VYAND KLIM KAN NET WONDERLIK WEES VIR WOORDE EN VERAL JOU SELFBEELD.
    ANDRI EK SIEN JOU GEREELD HIER IN WELLINGTON EN JY WAS EEN AAND HIER BY MY HUIS SAAM MET VRIENDE, JULLE HET BY MY DOGTER KOM KUIER EN 2 WEKE TERUG HET EK VIR LEJANDI GEVRA WANNEER SY JOU LAAS GESIEN HET WANT JY LYK BAIE KLEINER AS WAT EK JOU LAAS GESIEN HET. WHALLA !!!!!! HIER LEES EK VAN JOU OP DIE SARIE SE BLAD. EK HOU DUIM VAS VIR JOU EN EK IS SELF OP DIEET EN STERKTE VIR AL DIE DC BOUTIQUE DAMES WAT OP DIEET IS!

  • Lizbé

    Baie ware woorde, ons moet dit net daagliks onthou en ‘n inspirasie wees vir ieder en elk. Sterkte Adri, ons stap saam met jou. Is nou al op die 10kg merk.

  • Mia smit

    Wow! Dit is baie wyse woorde, Andri. Dankie vir die inspirasie.

  • yasmina baker

    andri, ek sukkel om gewig te verloor,en was vet gebore. ek weeg tans 117kg. ek het n mentor nodi, help my. jy is amazing as jy al 35ks’s afgeskud het. WEEEEEEEEEEEEEEEEEEELLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLL DONE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • Tharena

    Hello Meisa!

    Hoe gaan dit nog met jou? Ek is verskriklik baie trots op jou. Ek kan nie glo dat jy sover al gekom het nie. Ek weet die pad vorentoe kna baie moelik raak, maar dan moet jy net jou glo en vertrou in GOD plaas. Jy is n STUNNING person van buite en binne. EN onthou jy is n baie spesiale mense en ek kyk op na jou. HOu so aan. Ek kom kuier en van die dag en dan wil ek jou vordering sien. Mwha, Tharena

  • Elzanne

    andri! ek is so trots op jou en bly vir jou. jou woorde is beautiful. wat jy se is so waar,dis ons harte wat die meeste saak maak. jy het n beeldskone siel. baie baie baie baie sterkte ek WEEEEEET jy gaan dit maak. met God is niks onmoontlik nie.

    Net sodat jy weet- ons almal,groot en klein, kry hierdie moeilike tye,ek het ook n probleem met my selfbeeld.
    ek is altyd hier vir jou as jy iemand nodig het. ek is baie lief vir jou vriendin!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! onthou jy is special en uniek. wees dit en glo dit!

  • Leonette

    Jy is regtig iemand met "n hart van goud, baie waar wat jy gese het oor komplimente gee vir mekaar. Ons almal het aanmoediging nodig so wan en dan. sterkte met jou reis>>>

  • Cindy

    Stunning is jy onthou dit altyd!

  • Nelmari

    Sjoe, jou woorde het my sommer self weer bietjie laat dink! Doen so voort!xx