BEWEEG SA

Andri se dieet-blog: ‘Vind vreugde in jou kos’

Hoe was my week? My week was goed het darem weer 1.3 kilo’s verloor vandat ek laas vir julle geskryf het.

Iets wat my aan die begin van my lewenstyl-verandering baie moeilik was is my verhouding met kos, dit was vir my baie oninteressant en verbeeldingloos .

Ek het net geëet omdat ek moet en gedink aan hoe ek wil lyk, maar dis ʼn groot fout, mens moet nog steeds vreugde in jou kos vind, kos speel ʼn baie belangrike deel van ons lewe, én ons sosiale lewe. Dit is ongelooflik lekker om te sien hoeveel gesonde opsies is daar by restaurante beskikbaar is. Dit is lekker om verskillende slaaie te bestel, of ʼn gesondheids wrap…

Mens moet besef mens se lewe staan nie stil as jy gesonder eet nie, inteendeel dit begin eers, want jy begin soveel meer dinge raak sien.

Dit raak nou lente en die dae raak mooier, maak vir jou ʼn lekker slaai en gaan sit in die tuin en leef, jy gaan verseker beter voel as wat jy ʼn hamburger en chips voor die TV sit en eet! Dis die klein veranderinge wat die grootste impak het.

Nog meer oor hoe ek my kop geswaai het: Ek het regtig baie gebid oor die saak. God speel ʼn baie groot rol in my verandering.

Oefening speel ʼn groot rol. Ek gym, maar om vir 3-4 keer per week so 20-30 minute te stap doen ook wonders, nie net vir die gewig nie maar ook vir die siel. Maak tyd vir oefen onthou dis jou lyf en jou lewe wees selfsugtig vir 20- 30 minute van jou dag.

[box:full:grey:both]

’n paar wenke wat vir my werk probeer dit gerus:

[/box]

  • Treat jouself een keer per week, jou lyf en siel het dit nodig.
  • Eet gereeld joghurt ek love dit.
  • Moenie te veel vrugte nie
  • Een keer per week bietjie popcorn

Julle almal is super special en onthou julle is pragtig moenie dat iemand jul laat twyfel nie!

Tot volgende keer

Andri

Volg SARIE op Twitter en Facebook

  • Karin

    Sjoe, Andri ek voel sommer goed vir jou part, You go girl!!!!

    Jy het my nou ook al geinsireer – Dankie

    To volgende keer.

    Groete

    Karin

  • aliza

    Maak daai hamburgerpattie self met "extra lean" of volstruismaalvleis en ‘n lekker, groot slaai en jy MAG hom ook sonder enige skuldgevoelens eet 🙂 Sien uit na jou volgende inskrywing!

  • Rozanne

    Jy is n inspirasie

  • Marthinett

    baie sterkte. Ek het 30kg om te verloor. Ek sukkel om gefokus te bly, maar jou woorde gee my weer nuwe krag en moed! BAIE sterkte vir jou en mag elke dag n meesterstuk wees.

  • Mariska

    Jy is werklik ‘n wonderlike inspirasie.Ek sal jou vreeslik graag op Facebook wil volg sodat daar daagliks bietjie meer inspirasie is- wat is jou facebook naam en hoe weet ons dit is jy ?

  • soem

    Jy is seker een van die awesomeste girls wat ek ken. Inspireer vriendin – jys n legend!!

  • Alomah

    Hi Andri, ek lees jou blog gereeld en dit is wonderlik om te kan vertel ek ken jou persoonlik en weet die verandering is nie ‘n storie nie maar WERKLIK. Hou so aan jy is ‘n inspirasie vir almal. Mariska en Sonika volg ook jou blog Groete tot volgende keer Tannie Alomah

  • Ina

    Andri, het vandag eers jou blog ontdek. Ek MOET nou die pad begin stap en werk al ‘n geruime tyd aan myself. Wees verseker dat ek gereeld jou inskrywing sal lees. Sterkte vir jou!

  • Andri van der Merwe

    hallo* sjoe baie dankie aan al die coments ek hoop jule kan die eeen ook lees, my facebook naam is Andri van der Merwe, ek en n vriendin is op die profile pic, julle kan my enige tyd invite en dan dan kan ons soo ook chat!! mooi dag en dankie vir almal se woorde**

  • tharena

    Hello Andri!

    Hoe gaan dit nog met jou? Ek is regtig baie trots op jou dat jy so groot stap in jou lewe gevat het. Die beste van alles is, jy het al klaar n groot verskil gemaak om die stappe te nee. Ek hou vir jou duim vas en ek sal elke stap van jou volg. Ek weet jy kan dit doen en ek glo baie in jou!

    Mwha, tharena

  • Mia

    Baie sterkte Andri! Ek is ook besig om te dieet en jou blog inspireer my!

  • Ella

    Baie Sterkte Andri!!!

  • Mia Smit

    Dankie vir die goeie wenke, Andri!

  • elma

    Jo, Andri, jy is so ‘n inspirasie!! dankie vir jou selfbeeld boodskap, dit wat jy se is so waar, ek ralate totaal en al!! baie sterkte, jy gaan dit doen!!!!

  • Leonie Dyamond

    So trots op jou, Andri!