sarie_1
BEWEEG SA

Andri se dieetblog: “Somer-vrees”

In die winter kon ons al die dele wat ons nie wil af show nie wegsteek deur ʼn baadjie of ʼn langbroek, maar nou kan ons nie.

Om baie eerlik met julle te wees, is ek bang om my somersklere te dra. Al lyk ek beter as laas somer, het gehoop ek gaan nóg beter lyk en gehoop die vrees van somersklere gaan verdwyn.  Maar daardie selfde vrees is hier en dit maak my hartseer. Dalk is ek te hard op myself en verwag ek meer van myself as wat ek moet.

As ek sien hoe lyk ander meisies raak ek  jaloers, veral as ek hulle sien met ʼn sjokolade! En steeds het hulle die mooiste bene en lyk hulle super sexy in hul somersrokkies.

Dis nou net daar waar ek die fout maak… Ek moenie jaloers raak nie! Ek wil nou 10 stappe vooruit spring en soos ʼn maer model lyk, maar dis waar ek getoets word. Dit is nou net hier waar my wilskrag en wil vir sukses en positiewe resultate inkom…

Dis normaal om party dae negatief te voel.  Indien jy soos ek voel oor somersklere:  jy is nie die enigste een nie! Die lekker ding is om te weet dat al my harde werk, later vrugte sal afwerp.  Ek moet net vasbyt en moedhou! En die beste van alles is dat God, my gesin én julle my hierdeur help. Hoe kan ek dan nou tou opgooi?

Kry jou kop weer reg, eet bietjie gesonder en stap bietjie verder die week. Onthou, ons doen dit saam!   

   
’n Gedagte vir die week wat my dra is: Voed jou liggaam met gesonde kos, want jou liggaam is ʼn tempel van God!

Baie liefde, hou moed en glo jy kan enige iets doen wat jy wil!

Tot volgende keer

Andri

  • tessa

    Andri – dis so wonderlik dat jy so vasbyt. En hou aan want jy’s besig met ‘n belegging in jou toekoms.

    Liefde en sterkte! (en onthou dat selfs papierdun meisies nog steeds ook sukkel met hulle gewig. )

    xxx

  • Christie-Anne Wolmarans

    HI Andri, ek dink jou blog is awesome! Ek stuur vir jou my email adres, sal jy my asb kontak? Wil met jou chat! christieanne@lhw.co.za

  • hen-line titus

    andri, ek is so trots op jou!

  • AMANDA

    HI EK IS BAIE TROTS OP JOU. MY DOGTER IS 21 AAAI EK WENS NET EK KAN HAAR SOVER KRY OM TE DOEN WAT JY GEDOEN HET. STERKTE. AMANDA

  • Mariska

    Andri, ek raak ook konstant jaloers op die maer meisies en ek is seker hulle het ook iets om op jaloers te wees. As vroumense sal ons nooit werklik tevrede met onsself wees nie! Jy is pragtig en met als wat jy al bereik het moet jy juis daardie kortbroeke dra om jou oorwinnings te vier! (^^,) Jou kop is reg skat ek weet jy gaan jou doel bereik! Sterkte met jou wekie! Baie liefde**

  • Kay-Leigh

    Anna!!!

    Wow, wow, wow!!!

    Kyk net hoe freaking awesome is jou blog! Baie geluk!

    Sterkte vir die week; ons vat dit een dag op ‘n slag!

    Liefde**