BEWEEG SA

BeweegSA motiveerder: Dieter Voigt

“Ek kan nie die voordele van aktief wees genoeg beklemtoon nie. Sport het my al soveel lewensvaardighede geleer.”

“As junior graadjie het ek min selfvertroue gehad. Ek het met grootmotoriese probleme gesukkel, en sou sommer begin huil as ek ’n bal misvang. Graad vier was die keerpunt. Ek het hard gewerk, álles ingesit en dwarsdeur my skoolloopbaan spansport geniet.

Ek het later vyf jaar lank liggaamlike opvoeding gegee. Ek wou my passie met kinders deel en ek doen dit vandag nog. Sport is nié net vir eerstespanspelers nie. Dis lekker om aktief te wees. As ma, pa en almal dit saam doen, des te beter. Kinders doen mos maar wat hulle sien.

Omdat ek baie aktief is, moet ek mooi kyk wat ek eet. Ek is baie gedissiplineerd en het deur die jare
geleer wat vir my werk. Om my bloedsuiker stabiel te hou probeer ek hou by ’n lae-GI-dieet, al is dit
soms moeilik.

Ek lees iewers ’n kwart van alle jong mense is oorgewig – dis skokkend. Maar ek hoop tog daar is ’n
beweging in die regte rigting – party skoolsnoepies begin nou gesonder kos verkoop. Ek het nie ’n probleem met snacks nie, maar dit moet gesond wees.

Dis nooit te laat om leefstylaanpassings te maak nie. En soos met enigiets in die lewe is balans belangrik.” – Suzette Truter

[box:full:grey:both]

Lees in ons Februarie 2012-uitgawe hoe jy jou kind kan help om meer aktief te raak.

[/box]

Volg SARIE op Twitter en Facebook

  • yffgalip

    J0LDnJ kalwwdxlhzzq, [url=http://wrsmmzbfxtdw.com/]wrsmmzbfxtdw[/url], [link=http://oquxmdolfamd.com/]oquxmdolfamd[/link], http://eqfwtqnxfgwd.com/

  • ggnfjw

    gQvSUp sybjksgepkwv, [url=http://vvgssigfuxmh.com/]vvgssigfuxmh[/url], [link=http://dqkyptsrwvys.com/]dqkyptsrwvys[/link], http://ovhasckpghpm.com/