sr1109gesond_ambassadeurs
BEWEEG SA

BeweegSA motiveerder: Dr. Susan Vosloo

  “Dis belangrik om jou dae te beplan. Maar natuurlik gebeur daar gereeld onvoorsiene dinge. Die afgelope drie maande was veral stresvol. My persoonlike assistent, wat na Nina Nerina (10) en Lila Elizabeth (10) kyk, was siek.”

“Ek doen meestal twee operasies per dag, elkeen so drie tot vyf uur lank. Tussendeur sien ek pasiënte. Een keer per week (soms twee keer) gaan ek tussen operasies Pilates doen. Saans probeer ons as gesin saam eet. Soms is dit die eerste keer dat ek daardie dag eet. Ek kom van die
Vrystaat af, waar rooivleis deel van die kultuur is, maar ons eet dit min. Ons eet wel baie pasta en slaai.

Ons probeer een keer (soms twee keer) ’n maand ’n naweek weggaan. Ons ry gewoonlik Saterdagoggend nadat ek my pasiënte besoek het. En kom betyds terug dat ek hulle Sondagmiddag weer kan sien. So twee keer per jaar máák ons tyd vir vakansie. Ons gaan byvoorbeeld binnekort ’n week lank Malta toe, waar ons ’n huis het.

My man, Anton [Ferreira, ’n narkotiseur], se pa en oupa is vroeg dood aan hul hart. Hy kyk goed na
homself, eet taamlik gesond, oefen en is gelukkig lank en skraal. Hartsiektes is deel van die Westerling se gene-poel. Maar daar is ’n groter bewussyn van hartsiektes en jou leefwyse. Ons word dus later as vorige generasies daardeur platgetrek.

Vroue is dalk nie altyd bewus dat dit ook vir ons ’n probleem is nie. Die simptome kan ook verskil van ’n ‘tipiese’ hartaanval s’n: Soos ’n drukkende gevoel of ongemak op jou bors [pleks van pyn], wat as boonste spysverteringprobleme gediagnoseer kan word.”

Lees meer op die SA Hart-enberoertestigting se webblad, www.heartfoundation.co.za

Volg SARIE op Twitter en Facebook