sr1109gesond_ambassadeurs_2_
BEWEEG SA

BeweegSA motiveerder: Franci Swanepoel

  “Ek het in November 2009 besluit ek gaan gewig verloor. ’n Groot stap, want dit was net voor die Desembervakansie.”

Ek het by ’n gewigsverlies-kliniek, Eden Life*, aangesluit. Daar is ek aangemoedig om een dag op ’n slag te takel. Ek het 18 kg verloor en dra nou ’n nr. 34.

Ek was altyd ’n emosionele eter. Daar is min dinge wat jou so vinnig en lekker troos soos kos. Jy kan net beheer daaroor neem as jy weet wat die snellers is. En doelbewus besluit om dit op alle vlakke te beveg. My dieet laat my toe om een keer ’n week so ’n bietjie uit te haak. Ek beloon myself byvoorbeeld op Sondae met dinge wat ek nie andersins eet nie.

Ek was nog nooit lief vir oefening nie, maar as jy respek vir jou lyf het, raak dit byna soos ’n dwelm. Ek oefen gemiddeld vier keer ’n week op my trapmeul. Ek gaan nou nie die Comrades wen nie, maar dit hou my fiks.

As jy sukkel met jou gewig: Moenie uitstel nie. Jou lus vir die lewe word meer met elke kilogram en sentimeter wat jy verloor. Jy leer werklik om van jouself te hou, en dié positiewe uitkyk trek inderdaad meer mense na jou toe aan.”

Skakel 011 884 4973 of besoek www.edenlifeclinic.com

Kyk uit vir ons artikel oor emosioneel eet in jou volgende SARIE (Oktober 2011).

Volg SARIE op Twitter en Facebook

  • Evangeliene Bekker

    Fransi lyk absoluut fantasties. Wat ‘n inspirasie.

  • Drienie Lambert

    Sjoe Fransie jy lyk pragtig, jys ‘n fantastiese motivering!!

  • carine

    wow wat ‘n inspirasie.Fantasties. Ek wens ek ht die uithou vermoe gehad het beslis ook paar kilos wat moet gaan en kos my troos ook maar.

  • Luna

    Ek bewonder vir Fransi, maar ek dink dit is vir baie mense wat reeds 100 kg oorgewig is baie moeiliker om net een oggend te belsuit genoeg is genoeg, veral as hulle al oor 50 is. Dit is ook moeilik om 50 kg te verloor en dit af te hou. Baie mense tel dit net weer op. Pasop vir oorvereenvoudiging. Dit sal (ook) goed wees om ‘n professionele kenner by die veldtog te betrek wat werklik die trauma van kosverslawing oor baie jare bestudeer het.

  • Cila

    Dis fantasties as mense dit kan regkry om "reg" te eet en by programme aan te sluit en by gyms aan te sluit. Maar wees sonder geld vir die regte kos en koop papmeel en brood en bly op ‘n klein dorpie waar jy reeds 7-uur soggens werk toe moet ry en eers vanaand na 6 by die huis instrompel en dan nog vir jou man en kinders "iets" uit die papmeel of brood moet maak om iets op die tafel te gee en word dan maer!

    Wat sal Fransi dan gedoen het? Hoe motiveer sy my?