BeweegSA: Oefenprogramme week 5-8
Jy is seker al goed op dreef met die oefenplan vir die eerste 4 weke! Dié maand vat ons daardie einste
oefeninge en brei dit ’n bietjie uit.
Van 5 minute per dag tot meer as 2 km se flink stap – in 4 weke
- Jy het verlede maand met 3 minute se flink stap (of draf) afgeskop. Jy behoort nou al maklik sowat 2 km lekker vinnig te stap (of draf).
- Nou vir die tweede stap Stel vir jou doelwitte. Begin voorberei vir die Argusfietstoer op 12 Maart 2012, of (soos Carel du Plessis) die Midmar-myl op 11 – 12 Februarie, om maar twee te noem. Lees oor Carel se oefenplanne op www.health24.com. Jy kan ook Sondae saam met hom en ’n biokinetikus in die Boland gaan bergfietsry.
Jou kardiovaskulêre oefening: weke 5-9
gs = draf/stap gemaklik (sowat 50% van maksimum-inspanning)
vs = draf/stap flink (teen sowat 70 – 80% inspanning, letterlik power walking)
| WEEK | MAAN | DINS | WOENS | DON | VRY | SAT (OPSIONEEL) | SON |
| 5 | GS 5 min VS 12 min | rus | GS 10 min VS 12 min | rus | GS 10 min VS 12 min | GS 20 min | rus |
| 6 | GS 10 VS 15 | rus | GS 10 VS 15 | rus | GS 10 VS 15 | GS 15 VS 15 | rus |
| 7 | GS 10 VS 17 | rus | GS 10 VS 17 | rus | GS 10 VS 17 | GS 15 VS 22 | rus |
| 8 | GS 5 VS 20 | rus | GS 5 VS 20 | rus | GS 5 VS 20 | GS 5 VS 25 | rus |
| 9 | GS 5 VS 22 | rus | GS 5 VS 22 | rus | rus | 5 kmPretstap/-draf | rus |
Spieroefeninge: jou volgende 4 weke
Doen minstens 2 keer per week spieroefeninge, een van elke reeks, met of sonder gewigte. jy moet die gewigte (1 – 2 kg) gemaklik kan optel en die beweging moet vloeiend wees, nie rukkerig nie. koop gewigte by ’n sportwinkel of maak ’n koeldrankbottel vol sand. jy kan jou spieroefeninge op dieselfde dae as jou kardiovaskulêre oefeninge doen, of op die rusdae. die oefeninge is geskik vir vroue én mans.
Klik hier vir oefeninge 1, 2 , 3, 4, 5, 6
| WEEK | SESSIE 1 | SESSIE 2 |
| 5 | Oefeninge 1, 2, 3, 4, 5,6 | Oefeninge 7, 8, 9, 10, 11, 12 |
| 6 | Oefeninge 1, 2, 3, 4, 5,6 | Oefeninge 7, 8, 9, 10, 11, 12 |
| 7 | Ry fiets/klim trappe vir 3 min; oefeninge 1, 2, 3, 4, 5, 6 | Roei/ry fiets/klim trappe 3 min; oefeninge 7 (2x), 8 (2x), 9, 10, 11, 12 |
| 8 |
Ry fiets/klim trappe 3 min; oefeninge 1, 2, 3, 4; ry fiets/ klim trappe 3 min; oefeninge 5, 6 & 7 |
Roei/klim trappe vir 3 min; oefeninge 7, 8, 9, 10; roei 3 min; oefeninge 12, 1 & 2. |
[both:full:box:grey]
NUWE OEFENINGE WEEK 5-8
































Kommentaar