BeweegSA: Verander jou houding met kos
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Voor jy begin dieet, vra jouself die volgende vrae . . .
* Hoekom doen ek dit? Baie mense sien gewigsverlies as ’n manier om die dinge te kry wat hulle graag wil hê: ’n liefdesverhouding, ’n beter werk en selfs meer selfvertroue. Vra jouself af of gewigsverlies regtig dié dinge gaan laat waar word.
Is daar ander maniere om dieselfde dinge te kry? Is jou verwagtinge realisties? As jy misluk om jou teikengewig te bereik kan jy maklik voel dis ook onmoontlik om jou ambisies te verwesenlik. As jy dit egter sien vir wat dit is, naamlik ’n poging om gesonder te leef, gaan dit jou selfagting minder raak.
* Vir wie doen jy dit? Moenie dit vir iemand anders as jouself doen nie. Die hele punt is om jou beter oor jouself te laat voel. As daardie “beter jy” deur iemand anders gedefinieer word, gaan jy uiteindelik die dieet begin haat. En ook die mens wie se idee dit was.
* Maak seker ’n mislukking is nie klinkklaar nie. As jy met ’n dieet begin en halfpad ophou, het dit ook ’n negatiewe impak op hoe jy oor jou lyf voel. Bring al die faktore in berekening wat jou gewigsverlies gaan beïnvloed: Jou bou, lengte, metabolisme en leefstyl. ’n Dieetkundige kan jou help.
* Vergeet van ’n kitsoplossing. Kitsdiëte werk selde op die lang duur. Sodra jy weer normaal begin eet, stapel die kilogramme weer op. Volg ’n gesonde leefstyl: Oefen en eet gesond – lewenslank.
Bron: www.dailymail.co.uk
Verwante artikels
-
"Na 37kg leef ek nie meer om te eet nie"
SARIE November 2011
Om 37 kg af te skud is nie maklik nie. maar vir Sharon Munnik–wat net een nier het – beteken dit sy sal nooit weer artritispyn of geswelde voete hê of die ‘vetste vrou in die vertrek’ wees nie.
-
Andri se dieetblog: "Somer-vrees"
SARIE September 2011
Dis weer somer en tyd vir korthemde, kortbroeke en somersrokke. Vir die baie mense is ʼn dit die lekkerste tyd om hul pragtige bene en ferm armpies af te show, maar vir baie ander, is dit een groot vrees.
-
BeweegSA: Fiks en viets met SARIE
SARIE September 2011 | Kommentaar: 1
SARIE, RSG en health24.com skop in dié uitgawe af met BeweegSA, ’n landwye projek om jou én jou gesin te help om fiks en viets (en uiteindelik gesonder) te wees. Só kan julle boonop jul risiko vir leefstyl-siektes verminder. In die volgende maande gee ons jou alles wat jy nodig het.
-
Gesonde peuselhappies - Kom smul saam!
SARIE Junie 2011
Met die regte inligting en slim dink kan jy vinnige, gesonde peuselhappies met min kJ maak. Hier is 10 sulke happies net vir jou!












Kommentaar
Corlene het gesê:
halo eke wil baie graag die eet en oefenplan hê, moet ek die boek sarie self koop om dit te kry of kan 'n mens dit op julle webtuiste kry? Laat weet my asb!
21ste Okt. 2011, 11:16Netta Wessels het gesê:
Ek will ook die oefenprogram en dieet plan hê. Daar is op RSG gepraat daaroor en kan dit blykbaar in Sarie kry. Laat weet asb.
17de Okt. 2011, 11:45Wilna Smith het gesê:
Hi waar kan ek die oefen programe en dieet plan kry? Ek wil dit graag doen maar kry dit nie op julle website nie. Ek hoop julle kan my help.
13de Okt. 2011, 15:50