micky_hoyle
BEWEEG SA

Die tekens: Hoe weet ek dis my emosies wat my laat eet?

1. Emosionele honger kom skielik, fisieke honger meer geleidelik.

2. Emosionele hongerpyne laat jou na ’n spesifieke kossoort hunker. Studies wys roomys is eerste op die lys. Daarna verkies vroue sjokolade en koekies; mans kies pizza, biefstuk en oondstoofgeregte.

3. En wat jy eet, word deur die emosies bepaal wat jy wil bevredig, wys navorsing. As jy gelukkig is, verkies jy pizza of steak. Hartseer mense kies roomys of koekies. En verveelde mense maak ’n pak tjips oop.

4. Emosionele honger moet nóú bevredig word, fisieke honger kan wag.

5. As jy aanhou eet al is jy versadig, is dit waarskynlik emosioneel.

*Bron: www.webmd.com

  • Sharon

    Is daar ‘n goeie boek wat julle kan voorstel op Emosionele Eet?