sarie_1
BEWEEG SA

Dieet-blogger Andri van der Merwe: “Dis ek, Andri!”

Ek hoop ek inspireer, motiveer en bied vir julle interessante leesstof. 

Ek begin sommer om te sê dat dit nie altyd ʼn maklike, maanskyn-en-rose-proses is nie, dit gaan maar partydae vrek moeilik. Maar dis dan juis die moeilike dae wat my weer positief maak as ek die dag oorleef het. 

Soos ek vir mense sê, dis nie moeilik om nee te se vir ʼn stuk koek of ʼn sjokolade nie. Dis moeilik in jou kop, want om so baie gewig te verloor werk in jou kop en dis hoekom ʼn mens se kop moet reg wees! 

Die inskrywing is maar net die begin, ek gaan jul weekliks vermaak met my stories, raad en wenke ek wil regtig hê julle moet vir my vrae vra en julle kan my invite op Facebook as jul nog ʼn bietjie van my lewe wil sien.

Nog ʼn belangrike ding, as jy wil begin gewig verloor, kry jou kop reg, doen dit vir jouself en moenie haastig wees nie. Vat dié raad, want dit is ʼn feit. Moet dit nie geheim hou nie, vertel vir mense rondom jou, dis ongelooflik hoe mense ʼn verskil kan maak! 

Julle almal wonder seker hoe het ek my kop geswaai en die groot besluit geneem. Ek het besluit dis vir my en vir niemand anders nie, ek het besef dis vir my gesondheid en om langer te lewe en meer uit die lewe te kry. Ek het ʼn tydjie gedink of ek my lewenstyl gaan verander, want ek wou nie die ding half aanpak nie, as ek dit doen wil ek dit ordentlik doen! En toe het ek net besluit ek moet en toe het ek!  Lees volgende keer nog stories oor my besluit!

Leer my ken:

  • Ek love die kleure pienk en pers
  • ʼn Rooibos cappuccino
  • Die see (net om na die water te kyk en sand te voel gee my nuwe krag!). 
  • Ek het ʼn hart vir mense en sal enige iets doen vir my medemens
  • Ek is baie lief vir my ma en pa en dan my twee susters. 

Bly weg van inspuitings en kits-maniere om gewig te verloor, as ek 35 kilo’s op natuurlike manier kon doen kan jy ook!  GLO IN JOU SELF!

Tot volgende keer!

Andri van der Merwe

Hier is foto’s van voor ek 35 kg verloor het:

Andri voor sy begin het met haar nuwe leefstyl Andri voor sy begin het met haar nuwe leefstyl

BeweegSA

Volg SARIE op Twitter en Facebook

  • Rezel

    Wow Andri. Jy lyk pragtig. Ek gaan beslis jou blog volg en kan nie wag om nog geinspireer te word nie. So pak ons hom stukkie vir stukkie aan.

  • Lusine

    Andri, this is a real great job you are doing! Not everyone would have the will!
    I wish you good luck in what you have started and maybe afterwards you will be able to give me some tips? :)))

  • Marie-Lize

    Hi Andri
    Ek is trots op jou.
    Byt vas!!! Dis die moeite werd.

  • Gladia Swart

    Well done, Andri. Jy IS defnitief ‘n inspirasie. Trots op jou. xx

  • simone

    Wow Andri dis bje goed! u go girl!! Jys beautifull xxx

  • jolandi

    Ek wens ek kon soveel wildskrag he!!ek is ongelooflik trots op jou!!!

  • Sonet Kriel

    Shoe baie geluk met die 35kg Andri en goodluck met die res!! hoop dit gan nog goed, het jou op skool laas gesien! :-) Sonet xxx

  • Mia Smit

    Wow! Dit is ongelooflik en so eerlik. Ek wens jou alle sterkte toe. Ek kan nie wag om jou volgende inskrywing te lees nie. Andri – my inspirasie!

  • charleen milho

    Shoe Andri jy het uithou vermoe. Jy lyk pragtig hou so aan!!

  • Elsabe

    Adri, soos jy se, jou kop moet reg wees.
    Ek is soms eensaam, smag na iemand om mee te gesels. Nie noodwendig ‘n ou, maar iemand om dinge mee te bespreek, te lag, te fliek, koffie te drink.
    Almal is so besig. Selfs die kinders. Ek wens soms dit is net ‘n nare droom, dat ek sal wakker word en vind ek is pragtig.
    So, ek het ‘n verhouding met kos. Is altyd daar. Nooit ver van my nie. Laat my goed voel. Gaan selfs saam as ek fliek. En gee nie om as ek dit soms deurmekaar krap nie.
    Yip, jou kop moet reg wees, anders kan jy maar opgee voor jy begin het.
    Jy lyk klaar stunning.

  • Aliza

    Ek bewonder jou selfvertroue en bereidwilligheid om hierdie proses met Sarie lesers te deel! Dit vat baie guts en ek hoop dat dit wat jy hier deel jou eie lewe en elke stappie van gewig verloor ook sal makliker maak en seën! Ek is seker jy gaan ‘n regte inspirasie wees vir almal wat gewig het om te verloor, of dit nou 5kg of 50kg is! Sien uit om nog te sien.

  • Noutoenou

    Genade Andri, jy het BERGE versit – 35kg is geen grap nie – dis amper ‘n kleinerige mens! Jy dra my bewondering weg.

  • mariana

    Gee net vir my die regte dieet. Ek dink jy is fantasties. Ek het al hoe baie probeer en niks wou werk nie. As jy kan, kan ek ook. Sê net hoe. Ek is net al moeg vir almal wat sê eet net reg. Ek wil iets op papier neergeskryf hê wat sê 7hoo eet jy dit en 10h00 eet jy dit. Moet asseblief nie tou opgooi nie. Ek wens ek was al jy wat 35kg afgeval het

  • LORRAINE

    ANDRI..JY IS FANTASTIES..EK EN VELE ANDER BENY JOU…KOMAAN DEEL ALLES VAN OGGEND TOT BEDTYD MET ONS..ONS WIL OOK DIT DOEN..

  • Adri van rooyen

    Dit is so maklik om met ‘n dieet te begin maar op daarop te bly is ‘n ander ding.

  • Johlene

    As jy kan, kan ek ook….
    Op jou merke, gereed, laat waai…..

  • Anja

    So trots op jou Andri! Wat my nog altyd van jou getref het is dat ek jou NOOIT sien sonder ‘n glimlag op jou gesig en in jou stem nie. Jy inspireer my altyd in die verbyloop klas toe. Ek wens soms ek was so sterk soos jy :) Jy is sooooo reg wanneer jy sê ons gee te min komplimente – ek is self skuldig en verkies dit om in my veilige bubbletjie te woon. Well done!

  • Mandi Bosman

    " You Go Andri " dis awesome meisie, jy’s ‘n great mens en sterkte!!!

  • Emmie Coetzee

    Dis die grootste gevoel van vryheid as jy eers net die KOPSKUIF gemaak het:)
    Was ook lekker oorgewig, afgelope paar jaar ‘n paar sakke aartappels ligter en geniet my nuwe lyf elke dag. Geniet ELKE stap van ligter word. Dis nodig en goed vir jou!

  • nikki

    jy is n inspirasie – ek probeer ook nou om 25kg te verloor – my kop is reg en dit gaan maar stadig maar nou ja dit is nie n oornag ding nie
    Jy lyk pragtig

  • Carien Janse van Rensburg

    Baie gluk Andri. Dit verg moed en uithou vermoë. Glo my…wees trots op jouself, en hou net aan. ‘n Mens voel sommer beter oor jouself soos wat die kilos verdwyn. En jy is reg so baie vrouens het ‘n selfbeeld probleem…..ek weet….want ek is een van hulle.

    Ek sal jou blog gereeld volg en jou vordering dophou. Wees trots op jouself meisie. Jy KAN…..

    My leuse in die lewe is: "If it’s meant to be. it’s up to me."

    Groete

    Carien