beweegsa
BEWEEG SA

Kultuur met skop

Brandewyn is in 1672 die eerste keer plaaslik gemaak. Saam met brandewyn-versterkte soetwyn
was dit byna 300 jaar lank die reisgenoot op die trekpad, motiveerder in die mynbedryf en lewensbron in die siekekamer. Gehaltewyn is eers in die laat veertigerjare van die vorige eeu gemaak (met enkele uitsonderings.)

Saam met die (onwettig gestookte) witblits en mampoer het brandewyn die pasmaat vir braaivleis geword.

Braaivleis weer was deur die eeue ’n alledaagse ding. Dit het met die nuutgevonde ontwaking
van die Afrikaner (toe die Nasionale Party in 1948 aan die bewind gekom het) in ’n kultus ontwikkel.

Bron: Peter Veldsman, koskenner

  • Ester

    Jul rubriek oor Brandewyn se bestaan is interessant veral die datums. Dankie vir die artikel.

    Ander kultuur is die boeremusiek gilde-Brits tak. Sal graag borge/donasies van besighede en publiek asook goie bywoning wou ontvang. Die Boeremusiek is ‘n nie-winsgewende kultuur en ons wil die liefde vir boeremusiek onder jongmense aan wakker.

    Dit sal vir ons ‘n groot eer wees as jy (Peter Veldsman) by ons volgende funksie daar kan wees en ons kan dan ‘n spesiale tydjie afknyp voor aanvang van die dans waar jy vir almal ‘n item kan lewer oor kos soos byvoorbeeld 3, 4 en 5 maaltyd gange asook tafel dek.

    Groete

    Ester
    0845149441