BEWEEG SA

Ons heupe huil maar ons eet nog ‘n stukkie tert

[box:full:grey:both]

Meer as die helfte van volwasse Suid-Afrikaners (60% of 2 uit elke 3), is:

[/box]

  • Oorgewig (weeg 5 – 10% meer as hul ideale gewig)
  • Vetsugtig (20 – 30% meer)
  • Of erg vetsugtig (50 – 100% meer).

(Bron: GSK-studie.)

Dit strook met die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se bevinding (2003) dat 56% van plaaslike vroue en 29% van mans oorgewig is. (Met swart vroue en wit mans voor in die koor.) Die
Suid-Afrikaanse Demografiese Gesondheidsopname (1998) het reeds gewys sowat 54% van oorgewig mans is wit.

’n Studie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het boonop gewys 17% van ons kinders tussen 1 en 9 jaar is vet. Ons jongmense is vyfde op die vet-ranglys wat verlede jaar by die suikeren gesondheid-simposium in Oos-Londen bekend gemaak is (naas Brittanje, Kanada, Amerika en Mexiko).

Volg SARIE op Twitter en Facebook

  • leoni

    ek het nog nooit saamgestem met hul tabelle nie. Genetika speel n groot rol. Baie mense se skelet is swaar. Ek het vrede gemaak met my lyf. Dit is deel van my genetiese erfnis. Ek eet gesond’ oefen so bietjie en kry darem klere te koop. Basta met die res!

  • Lynette

    Ek stem saam Leoni:)

  • Yolande

    Jong ek was ook al daar …. ekbwas 23kg swaarder as wat ek nou is. Terwyl ek nog swaar was, het ek ook elke verskoning onder die son gehad: ‘n swaar beenstruktuur, my lengte, dat ek net-net 2 swangerskappe agter die rug gehad het. You name it, ek het dit op my lysie van verskonings gehad!

    Maar regtig, daar is net nie verskoning om oorgewig te wees nie. Dit is net so onnodig. Ons moet net ons leefwyses regkry … lekker aktief wees & opgewonde raak oor om allerhande gesonde disse aanmekaar te slaan in die kombuis.

  • Christa

    Ek sukkel al vir jare met my gewig. En alles het begin na my kinders se geboortes, vooraf was ek rietskraal. Ek is nou 46 en sukkel my morsdood om net 1kg te verloor. Ek het nie deur die jare gedurig probeer dieet nie en volg ‘n gesonde eetplan so ver moontlik, gaan stap feitlik elke oggend, werk fisies hard in die tuin (skoffel, grawe gate) en ek word eerder swaarder as ligter! Ek stap elke jaar ten minste een staproete wat oor 8 dae strek en weeg nog steeds 25kg swaarder as my teikengewig. Ek gee moed op! Leoni, ek staan saam met jou. Basta met die res!

  • Karin

    Nee kyk, ek sukkel net so. Ek is eintlik allergies vir stysel, maar ek eet dit nog nou en da, dan moet ek net ‘n pillitjie sluk. My man se altyd: Babatjies, los die stysel dan sal jy sien hoe vinnig gaan jy gewig verloor.

    Klink so maklik, maar ek lief my stysel!

    Het iemand dalk ander raad oor gewig verloor??? ASSEBLIEF

    Groete

    Karin

  • Nadia van Dyk

    Ek het self raad nodig. Ek is nou eers maar 31 en weeg al klaar 110kg! My ideale gewig is 70kg. Ek moet werklik nou begin plan maak want dit is nadelig vir my gesondheid (bloeddruk) en ek sukkel vreeslik met geswelde voete. Enigeen wat kan raad gee. Die ding is net, die diëte wat werk of wat ander sê werk, is te duur vir my wat enkelouer is van ‘n skoolgaande seun.

  • Pretorianer

    Dit klink so maklik. Oefen bietjie, eet gesond, en jy sal beter voel! Maak ‘n lekker slaai en hoender ens, ens. HOEKOM KRY EK DIT DAN NIE REG NIE? Wat is fout met my.