Kos Botter lees nou blocks
Gesond

Botter toe nie so sleg vir jou!

Botter het ’n swak reputasie as dit kom by gesonde eetgewoontes, maar nou ná jare van die sondebok wees, wys nuwe navorsing dat die matige inname van botter dalk nie sleg is vir jou nie.

Algemene botterverbruik verhoog nie jou risiko vir hartsiektes nie, volgens ’n nuwe studie deur voedingswetenskaplikes van die Friedman-skool vir Voedingswetenskap en Beleid aan die Tufts-universiteit in Boston. Hulle het bevind dat ’n eetlepel botter per dag geen beduidende verband gehad het met kardiovaskulêre siektes of beroerte nie. Dit kan selfs die risiko vir diabetes tipe 2 effens verlaag.

Dit was een van die grootste studies nog en die wetenskaplikes het die resultate van 9 studies onder ongeveer 640 000 mense in 15 lande sedert 2005 geanaliseer. Dr. Laura Pimpkin het oor die resultate gesê dat botter ’n “middle of the road”-voedselsoort is: gesonder as suiker en stysel, maar nie so goed soos olyfolie nie, het TIME berig.

Volgens ctv.news het Darisuh Mozaffarian, medeskrywer van die Tufts-studie gesê: “Ons resultate het gewys dat botter nie gedemoniseer moet word nie, maar ook nie gesien word as ’n roete tot goeie gesondheid nie.”

Bron: The New Daily en CTV News

Lees nou

Maak jou eie botter – Herman wys jou hoe

2 000 jaar oue botter ontdek en dis eetbaar!