Screen Shot 2015-03-25 at 8.22.33 AM
Dieet

10 dinge wat jy moet weet van vet

O, vet! Net die woord is deesdae genoeg om baie mense warm om die kraag te maak. Maar wat weet jy werklik van vet? Voor jy nog  ’n sappige skaaptjoppie op die kole gooi, lees hier! 

Mite 1: Alle vet is dieselfde

Die gehalte (of soort) vet, eerder as net die hoeveelheid wat jy eet, word toenemend beklemtoon. “Gehalte” verwys na die samestelling van bepaalde vette. Só verander die soort voer wat ’n dier kry die vet-samestelling. (Dus die verhouding tussen versadigde en onversadigde vette. Asook tussen omega 3- en omega 6-vette.) Chemiese stowwe en preserveermiddels in die vet het ook ’n uitwerking op jou liggaam, verduidelik Mariza.

Gehalte geld ook vir sogenaamde “gesonde” olies. Chemiese stowwe, of baie hoë hitte, word tradisioneel gebruik om olie uit produkte soos olywe, neute en sade te onttrek. En daar lê die knoop: Dit vernietig voedingstowwe (bv. vitamien E and antioksidante) wat natuurlik in die rou materiaal voorkom. Nuwe navorsing wys bv. koud-geparste olyfolie is waarskynlik nie so gesond net vanweë die soort vetsure nie (omega 9), maar ook danksy die voedingstowwe wat in die koud-geparste produk behoue gebly het omdat dit nie aan oormatige hoë hitte blootgestel is nie.

“Dis duidelik: Die boodskap, eet laevet-kos, is oorvereenvoudig. Dit gaan nie die wêreldwye epidemie van vetsug en diabetes stop nie. Daarvoor moet die gehalte van die vet wat ons eet, verbeter word,” sê sy.

Mite 2: Vet is leë KJ

Vet is ’n belangrike bron van voeding- stowwe, sê Mariza. Vetoplosbare vitamiene, soos vitamien A, is bv. noodsaaklik vir jou immuunstelsel en goeie sig. Vet verbeter ook die opname van voedingstowwe soos betakaroteen – ’n kragtige antioksidant wat jou liggaam onder meer teen kanker help beskerm – in groen en geel groente.

Mite 3: Vet maak vet

Dis ’n growwe veralgemening, sê Mariza. En dr. Yael Joffe, dieetkundige en direkteur van DNAlysis Biotech- nology, ’n plaaslike maatskappy wat in molekulêre tegnologie spesialiseer, verduidelik: Jou reaksie op enige dieet is die gevolg van ’n wisselwerking tussen jou gene (genotipe), jou liggaam se huidige toestand, soos gewig, liggaamsvet en bloedsuiker (fenotipe), en jou omgewing (eetplan, leefstyl, stres, ensovoorts.)

DNA Diet, ontwikkel deur DNAlysis, toets agt gene betrokke by gewigsverlies. Dis verskille in dié gene wat veroorsaak dat jy en jou vriendinne op verskillende maniere gewig verloor. Jy verloor bv. maklik, maar sit dit net so maklik weer aan. Sy dalk die teenoorgestelde. Jy kan gehelp word om gewig te verloor deur die hoeveelheid vet en koolhidrate in jou dieet aan te pas sodat dit by jou eie genetiese samestelling pas.

“Hoe meer ons leer van die gene wat by gewig betrokke is, hoe duideliker
is dit ’n benadering van een-dieet-vir- almal werk nie,” sê dr. Joffe.

Dus: Sekere mense gaan vir seker gewig afskud op die Banting-dieet. Ander gaan beter vaar as hulle ’n bietjie minder vet en meer onverfynde koolhidrate (heelgrane), vrugte en groente eet, verduidelik Mariza.

Lees die ander 7 mites in die April-uitgawe van SARIE – laai dit digitaal hier af. 

Teken in op SARIE en moet nooit weer jou gunsteling-tydskrif misloop nie!