FOTO: Donna Lewis

FOTO: Donna Lewis

Dieet

4 dieet-wenke as jy steeds lekker wil kuier

As jy twee weke lank laat waai met vetmakende, minder gesonde kos, neem dit jou minstens agt weke om weer daardie oortollige gewig af te skud, sê dieetkundige Andrea du Plessis van Vital. 

Doen dít

1. Drink ’n glas water voor ete. Nie net laat dit jou versadig voel nie, dit verminder ook simptome van slegte spysvertering omdat jou dikderm dan vogtig genoeg is.

2. Sorg dat versnaperinge en voorgeregte altyd vars, rou groente insluit, soos

  • Wortelstokkies met hoemoes;
  • Stokkie met kersietamaties in pesto gedoop;
  • Mini-ryskoekies en ’n jogurtdoopsous: Kap sprietuie fyn en meng met Griekse jogurt.

3. Hou kosse wat geurig is in die koskas aan, soos

  • Olywe
  • Pesto (meng met gewone jogurt vir ’n doopsous)
  • Biltong

4. Maak lekker doopsous van

  • Laevet-maaskaas met swartpeper en fyngesnipperde sprietuie; of
  • Meng pesto met gewone jogurt.

Dié inligting kom uit die artikel “Kenners sê: Gesonde Kersfees!” deur Lydia van der Merwe in ons Desember 2014-uitgawe.