pta_bm_frik_lourens_groenteboer_15
Dieet

7 maniere om jou gewig dop te hou

  1. Kies vrugte pleks van vrugtesap. ’n Mediumgroot lemoen het bv. die helfte minder kJ as ’n koppie lemoensap.

  2. Spuit kooksproei in ’n kleefvrye pan, dit het 10 keer minder kJ as ’n eetlepel botter/ margarien.

  3. Geur groente met kruie pleks van botter/margarien.

  4. ’n Blikkie (180 g) tuna in olie bevat dubbel soveel kJ as tuna in water.

  5. Drink ’n glas wyn eerder as ’n blikkie bier.

  6. Eet jogurt-roomys pleks van gewone roomys.

  7. Bak vis en skyfies in oond, moenie in olie braai nie.

Bron: SA Suikervereniging

* Die inligting het oorspronklik in die Junie-uitgawe van SARIE verskyn