lr003
Dieet

Dieetkundige Mariza blog: Het jy ‘n ‘bad hair day’?

Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat jou hare veel meer as net ‘n ‘emosionele’ barometer is. Hoe mooi jou hare is, het ongelukkig meer te doen met wat jy eet as die maandelikse begroting vir jou besoek aan jou gunsteling stilis en haarprodukte.

Hare vertel ‘n eie storie: hoe lyk jou hormoonbalans? Het jy onderliggende voedingstof-gebreke bv. yster of koper. Hare kan ontleed word om veral minerale vlakke in die liggaam te bepaal. Maar net deur aan jou hare te vat, kan jy weet, of wonder … eet jy genoeg proteïene? Miskien kan jy assosieer met swak haargedrag? Hoeveel moeite moet jy daagliks doen met jou hare. Is dit nodig om hulle te ‘martel’ met spuit en vryf-goeters om dit net na ‘iets’ te laat lyk?

Te min proteïene in jou dieet sal bydra tot bros, droë hare wat jou so maklik laat vaal voel. Hang jou hare leweloos ten spyte van die beste behandelings, haarmaskers en- kopvelolies?

Dit gebeur so maklik. Veral met vroue. Ons ‘vermy’ lang lyste kos omdat ons iewers iets gelees het. Ons is amper ‘bang’ om sekere kossoorte gereeld te eet want dit kan ons vet maak/cholesterol gee/allergie gee of iets dergeliks.

Dan is daar ook nog die kwessie van koste. Ja, kwaliteit proteïene kos is duur. Feit is, haarprodukte is nog duurder.

Eiers. Vleis. Vis. Hoender. Kaas. Jogurt. Jy het nie baie nodig nie.

Jy mag wonder: wat van die effek wat ons vleis-eet-gewoontes op ons aarde?  Jy het nie baie nodig nie en ek ondersteun verseker  VLEISVRYE Maandae.

‘Ek is ‘n vegetariër’.

Fantasties! Terloops – dis nie goed vir alle metaboliese tipes nie…maar dis ‘n ander storie.

Veral vegetariërs eet dikwels heeltemal te min proteïene. Die diereprodukte word net uitgeskakel – en nie vervang met GENOEGSAME ander bronne van proteïene nie.

Bone. Lensies. Kekerertjies, rou neute, sade. En vir sommige vegetariërs ook eiers, kaas, jogurt, melk en vis.

En dan is daar die lang lys ‘ gewone’ gesonde koskeuses, wat – sonder dat ons dit besef, bydrae tot wanbalans in ons voedingstofiname.

  • Kitsgraan vir ontbyt
  • Brood vir skool of net ‘n vrug (want ek probeer gesond eet)
  • Toebroodjie vir middagete of ‘n wegneem pasta slaai met ‘n paar blokkies feta kaas

Dan’s jy natuurlik doodlus vir peusel rondom 15h00 – wat van ietsie soet of ‘n pakkie skyfies en teen die tyd wat dit aandete is, het jy of totaal oorgegee of jy is so dikwels net te moeg vir kook. Dan’s dit sommer ‘n vinnige PIZZA….of pasta…

DIT IS TE MIN Proteïene!

Gelukkig is dit maklik om reg te maak. Dis net nodig om ‘n paar basiese beginsels toe te pas en te fokus op bietjie bietjies elke dag…

Wil jy graag weet hoeveel JY nodig het? Like gerus Facebook/bettereat of besoek www.betereet.co.za vir ‘n handige riglyn.